Archive for February, 2013

01 Richtersvelduitreik aankondiging

Richtersveld Namakwa
Beste Uitreikondersteuner

Die eerste uitreik vir 2013 word beplan DV vir die komende skoolvakansie na die pragtige Richtersveld. Hierdie is ‘n unieke geleentheid om een van die mooiste dele van ons land te sien en naby aan jou Skepper te kom. Die uitreik is gemik op gesinne, maar baba en Oupa en Ouma kan ook saamgaan. Jy hoef nie ‘n viertrekvoertuig te hê om saam te gaan nie, en die bediening is hoofsaaklik in Afrikaans!

Ons plaas binnekort ‘n inligtingstuk. Deel dit gerus met jou vriende of familie wat dalk nog altyd die Noord-Kaap wou sien, maar nie kans gesien het om alleen daarheen te reis nie. Dankie ook by voorbaat vir jou gebedsondersteuning dat die Here die regte mense sal aanraak om saam te kom, vir die mense van die Richtersveld vir ontvanklike harte en veral dat alles binne die Here se Wil sal geskied.

Uitreikgroete
mac & amanda

02 Richtersvelduitreik inligtingstuk

“A congregation that is not deeply and earnestly involved in the worldwide proclamation of the Gospel does not understand the nature of salvation.” Ted Engstrom – ‘World Vision’

Inligtingstuk: Richtersveld-gesinsuitreik 2013

Uitreikteks: Rom. 10:11-15
Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” – “Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of ‘n mens ‘n Jood of ‘n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”

“God had an only Son, and He made Him a Missionary” – David Livingstone

Richtersvelduitreik: 22 Maart tot 6 April 2013]

Uitreikdatums
Pak en Laai: Donderdag 21 Maart 2013 [Menseregtedag]
Vertrek: Vrydag 22 Maart
Terugkeer: 6 April 2013

Kort en kragtig
Jy HOEF nie ‘n 4×4 te hê om op die uitreik saam te gaan nie. Daar sal wel 4x4e wees om die ruwe paaie in die Park aan te pak.

Dit is ‘n GESINSUITREIK en van babas tot stok-ou mense kan saamgaan [ek val onder laasgenoemde?]. MAAR ons beroep spesiaal op tienerjeug en jongmense/studente om hand op te steek en ‘n verskil te gaan maak.

Elkeen is verantwoordelik vir skep en inwin van eie borge en bydraes tot die uitreik. Bydraes wat per deurkollekte en spesifiek vir die uitreik ontvang word sal aangewend word vir Bybels, uitreiktoerusting/benodigdhede en brandstof. Kos en verblyf is vir elkeen se eie rekening, na gelang van borge en bydreas wat ons ontvang.

Jy is deel van die uitreik – of jy saamgaan of nie. Ons beroep op almal se gebedsdekking vir die uitreik. Hou dit ook in jou hart en gedagte om persone wat wil saamgaan en nie die fondse het nie, te help met ‘n bydrae. As jy graag wil saamgaan: Gee jou naam en besonderhede by die Kerkkantoor op, sodat ons een sentrale punt het waar alles bymekaar gevat word – teen 11 Maart 2013, ASSEBLIEF.

Sodra ek bevestiging het van wie gaan, sal ek diegene van ‘n “PAKLYS” (riglyne) asook “Spares to carry”-lys voorsien. (Die Landy en Toy ouens se lyste sal langer wees ?.)

Ek sien uit na hierdie uitreik saam met elkeen vir wie Jesus aan die hart raak om saam te gaan. Moenie dat ‘n gebrek aan fondse jou terughou nie – praat met ons…

Seënbede en groete,

Mac Mc Menamin: e-pos = Outreach2Africa@gmail.com Selkontak: 082 699 3055

En daarmee kom die oproep – om te gaan, om uit te reik en te vertel en te getuig. Sodat elkeen wat GLO sal wèèt dat hulle Glo. En dié wat nog nie weet nie ook sal weet.

Ons gaan onbekende en bekende gebiede in. Ons gaan slegte, slegter en slegste paaie aandurf. Ons gaan. Maar jou gebed en jou bydrae maak die groot verskil. Hoeveel bydra? Soos wat jou hart sê. Die bedoeling is dat elkeen wat gaan ‘n “borg” moet hê, dat hy/sy sal wèèt hy/sy is gestuur en dus nie met eie geld/fondse sal gaan nie. Die werk van die borg is om vir die geborgde tydens die uitreik te bid.

Dankie vir jou tyd en gesindheid. Bydraes kan deur die NG Gemeente Pretoria-Garsfontein se rekening gemaak word. Ek sal opreg waardeer as jy my ook net sal laat weet (dit maak die begroting makliker as ek ook weet wat ons het en wat nog kort). Daar is ook ‘n spesiale uitreikrekening wat ons vir uitreike geskep het, as jy voel om liewer daarlangs by te dra. Die kontrole bly daar maar die admin is minder.

Bankbesonderhede vir Bydraes
Kerk se bankbesonderhede is soos volg:

Bank: ABSA
Tak: —
Rek Nr.: 0260581007
Takkode: —

Onthou om die verwysing
“Richtersveldt13”
in te sit anders gaan die kerkkantoor nie weet wie of waarvoor die inbetaling bedoel was nie!
www.ngkpo.co.za/ Uitreikkontak
Ds Johan Barnard

NG Gemeente
Kempton Park Oos

Tel: 011 979 1413/5
e-pos: NGKPO.Admin@Telkomsa.net

OutreachAfrica-bydraes
Ons is ‘n nie-winsgewende organisasie (Non-Profit Organisation – NPO) wat uitsluitlik geregistreer is om Uitreikwerk te ondersteun:

Bank: Standard Bank
Tak: Castle Walk
Tipe: Spaar
Takkode: 01 46 45
Rekening nr: 415214742

Outreach2Africa@gmail.com

Wanneer, Wat, Waar en Hoe?

In kort …
Wannneer
Vetrekdatum: Pak-en-laai datum = 21 Maart. [Almal betrokke asb]
Vertrek: 04:30 22 Maart 2013
Terugkeerdatums: 6 April 2013

Wat
Die doel van die uitreik is om ‘n GESINSUITREIK te begin wat die gemeenskappe van die Richtersveldt op ‘n jaarlikse herhalende basis kan bedien. Twee doelwitte word nagestreef:
• Die hoofuitreik sal na die Sanddrift-gemeenskap wees. Hierdie gemeenskap is arm gelaat nadat die diamantmynbedrywighede ‘n paar jaar gelede gestaak is. Ons wil graag ‘n Jeugaksie daar begin wat selfonderhoudend kan voortgaan. Die doel hiervan is om die kinders buite skoolure besig te hou en op hierdie manier die ledige ure waarin dwelmmisbruik en verwante euwels plaasvind te verminder, deur Christengebaseerde opleiding en aktiwiteite aan te bied.

• Ons wil ook met die Jesus-film uitreik na gemeenskappe in die Richtersveld (Kubus, Eksteenfontein, Vioolsdrif, Alexanderbaai en natuurlik Sanddrift). Die mans met 4×4-voertuie sal verafgeleë veeposte gaan verken om daar die Woord aan die veewagters te versprei.

Waar
Ons gaan in twee groepe verdeel:

Groep Teerpad
• Die wat nie kans sien vir die berge nie – gaan hoofsaaklik met die Sanddrift-gemeenskap skakel. In Alexanderbaai skakel ons in by die aktiwiteite van Die Ark ten opsigte van Jeug- en Tienerbediening. Daar is ook behoefte vir ‘n uitreik na Eksteenfontein, Kubus en Sendelingsdrift.

Groep 4×4
Ons gaan uitreik na die Richtersveldtse veeposte en ook konsentreer op die Sanddrift-gemeenskap in samewerking met die NG Gemeente van Alexanderbaai asook die Koinonia Volle Evangelie gemeente van Alexanderbaai. Die omvang van so ‘n langtermynuitreik is wyer as wat ek in ‘n n paragraaf of twee kan uitstip, maar dit sluit in: Voedselsekerheid, “home based business” en entrepreneurskap, kindersorg en Woordebedienig aan die kinders, Bybelverspreiding, stig van Bybelstudiegroepe en Omgeegroepe [Klein Groepe / Sel Groepe]… en natuurlik, waar ek maar gaan, reik ons ook uit deur middel van die Jesus-film en veral uitreike in die Richtersveldt-dorpies gaan ons hieraan wy.

Hoe
Ons gaan met gewone padvoertuie [kombi /Bussies sal idiaal wees omBrandstofkostes laag te hou] asook 4×4 voertuie, want soos genoem, daar is rowwe terreine wat ons ook moet deur. Ons gaan meestal in tente bly [bring een saam, asb.] en kampeer. M.a.w. – ons gaan sover moontlik selfversorgend wees.

Wat nog
Geen uitreik kan ten uitvoer kom sonder: (a) gebedsdekking (b) fondse (c) mense wat bereid is om te gaan nie. Ek is seker daar is nog wat u ook aan kan dink, maar bogenoemde is die kern.
Ons vra, nee wag, pleit dus elkeen se voorbidding en gebedsdekking vir hierdie uitreik, asook u bydraes:
• Dat daar genoeg mense sal wees wat hand opsteek om hierdie uitreik mee te maak.
• Dat die harte van die mense wat bereik gaan word deur Die Heilige Gees voorberei sal wees op ons koms.
• Dat daar genoeg fondse sal inkom om hierdie uitreik moontlik te maak.
• Dat die harte van die wat op die uitreik gaan, ook aangeraak sal word en elkeen met ‘n hart vol vreugde sal terugkom.
• Dat die Evangelie uitgedra sal word en ons die mense en plekke bereik waar HY dit Wil.
• Bowenal – dat hierdie uitreik in Jesus se Naam geskied en nie in die van mense nie.

Adminsitrasie – jy benodig die volgende
1 Geldige rybewys en op datum.
NB As jy ‘n sleepwa gaan sleep, maak seker of die ”hulp-drywer” ook die regte kode lisensie het.
2 SA Paspoort wat vir nog minstens 6 (ses) maande geldig is of nog ses oop bladsye het. (As jy nie ‘n paspoort het nie of nie een wil bekom nie, is dit nie ‘n krisis nie. Die dag of wat, wat die groep oorgrens gaan kan diegene sonder paspoorte rustig by ‘A Recks’ Gastehuis deurbring. Mens kuier baie lekker daar. En ja, daar is kreef ?.)
3 Reisversekering, nie onderhandelbaar nie. Almal gaan reisversekering hê. Maak asseblief seker dat dit ‘CAS EVAC’ oftewel noodvervoer met vliegtuig/helikopter insluit. (Ons neem gewoonlik die ”GOUD” opsie van AIG deur ons plaaslike AA-kantoor uit. Die keuse berus by jou).
4 ‘n Volledige samevatting van enige mediesetoestande en allergieë wat jy en jou gesin mag hê, per individu opgestel, asook jou dokter se kontakbesonderhede daarop, in ‘n duidelik gemerkte koevert. (Dit word by die Noodhulpstel gehou en slegs oopgemaak indien dit WERKLIK nodig is. Toestande soos ASMA maak net goeie sin as die hele groep weet daarvan sodat ons na mekaar kan omsien.) Veral allergieë/intollerasie (bv. Dwergie het ‘n intolleransie vir knoffel – moenie knoffel in kos gooi wat sy dalk gaan eet nie). (En so mag elkeen iets anders hê).
5 Jou voertug en sleepwa se registrasiedokumente (asook ‘n gewaarmerkte stel afskrifte daarvan) en ook bewys van versekering.
(As die voertuig nog onder finansiering is sal die dokumente by die Bank of Finansieringsinstansie wees – doen dan so gou moontlik aansoek vir ‘n magtigingsbrief/grensbrief om met die voertuig (en sleepwa) oor die landsgrense te gaan, beide Botswana en Namibië).

Bevestig asseblief teen 12 Maart 2013 of jy en/of jy en jou gesin met hierdie uitreik saamgaan,
of jy/julle passassiers gaan wees en
of jy ‘n voertuig kan beskikbaar stel (ons benodig 4×4’s en Kombi’s of bussies).

Vir diegene wat wil saamgaan:
Stuur ‘n e-pos na NGKPO.admin@Telkomsa.net . Voltooi onderstaande vormpies asseblief en handig dit in by die Kerkkantoor, óf e-pos dit sommer direk aan: NGKPO.admin@Telkomsa.net en Cc: vir Mac by: Outreach2Africa@gmail.com

# Van en Voorletters Noemnaam Ouderdom E-pos Telefoon Selfoon Tipe Voertuig
1
2
3
4
5
*Lys asseblief elkeen in jou gesin wat saamgaan per reëltjie. Indien jy alleen saamgaan en passasier gaan wees saam met ons wat voertuie voorsien, meld dan onder “Voertuig” net “passasier”.

Die volgende is ook uiters belangrik, asseblief
Dit is die kontakbesonderhede van jou naasbestaandes, familie of vriende wat gekontak word in geval van nood. [Jou Leraar / Dominee / Pastoor op die laaste reëltjie, asseblief].

My Noodkontaklys is:
# Naam en Van Verwantskap Telefoon Selfoon Straatadres Naaste SAPD
1
2
3

My Gebedsgroeplede is:
# Naam en Van E-posadres Selfoonnommer
1
2
3

Gaan lees gerus meer oor die Richtersveld
First a Conservancy: While many people already know about the Richtersveld National Park, more and more people are catching on about its equally large southern neighbour, the Richtersveld Community Conservancy.

10 years ago, the historically disadvantaged people of the Richtersveld united, reclaimed title to their traditional land, and set aside this conservancy to be forever conserved for research and tourism. It offers some of southern Africa’s finest hiking, 4×4 driving, camping and cultural experiences.

Now a World Heritage site: The Richtersveld Community Conservancy is also the last refuge of Nama people living what is known as the transhumance lifestyle – to migrate seasonally with their livestock from mountains to the river and so make sustainable use of the fragile succulent ecosystem. In recognition of this vanishing lifestyle, and of the rare botanical diversity it helps protect, the Conservancy has been declared the core of a new World Heritage Site.

http://www.richtersveld-conservancy.org/
Information Offices: Tel Khuboes: 027 8312013 | Tel Eksteenfontein: 027 8517108 | info@richtersveldwhs.org

http://www.nature-reserve.co.za/richtersveld-wildlife-preserve.html
http://www.richtersveld.net/index.php/site/

http://www.richtersveld.gov.za/ Richtersveld Municipality consists of the following towns:
Port Nolloth (Head Office) Tel: (027) 851 1111
Faks: (027) 851 1101 / E-mail: info@richtersveld.gov.za
Kuboes Tel/Fax: (027) 831 2375 / E-mail: kuboes@lantic.net
Sanddrift Tel/fax: (027) 831 1457 / E-mail: sanddrift@lantic.net
Eksteenfontein Tel:/Fax: (027) 851 8619 / E-mail: eksteenfontein@lantic.net
Lekkersing Tel: (027) 851 8580 Fax: (027) 851 7097 / E-mail: lekkersing@lantic.net

01 DCM benodig voertuighulp

(English below – translation courtesy of Master Google :-) )

Groete in JESUS!

More, uit ‘n lekker nat Seronga!Ons het so ‘n mini krisis op hande. Albei ons voertuie staan.
Die Land Rover het ‘n probleem met die ratkas en ook ‘n “power
steering pump” pypie wat vervang moet word. Die pypie is bestel,
betaal en opgemaak, maar die ouens in Maun wat dit gemaak het kry dit
net nie reg om dit op ‘n vliegtuig te sit Seronga toe nie, ons wag al
reeds 2 weke. Die ratkas se probleem is by die hefboom, ons moet ‘n
“kit” kry vir al die parte van bo waar dit in die ratkas ingaan tot
onder waar die bal aan die onderkant los gekom het.Wat die Isuzu aanbetref, die het Donderdag oppad terug van Shakawe
gaan vassteek soos ‘n steeks donkie. Op een of ander manier het een
van sy “timing” ratte los gekom en dit het veroorsaak dat die tydrat
op die “cam shaft” se tande weggevreet is en al die “push rods” van
die “valves” het gebuig. Gelukkig het die valves self nie gebuig nie.
Ons sal ook ‘n nuwe “cylinder head gasket” moet kry.Dis die normale ou storie van sendelinge en voertuie.

Hoop iemand kan help.
Seen!Greetings in Jesus!

More from a wet-wet Seronga!We have a mini crisis at hand. Both our vehicles.

The Land Rover had a problem with the gearbox and also a “power
steering pump “pipe to be replaced. tube has been ordered,
and paid up, but the guys in Maun who made it just don’t get it right to put it on a plane to Seronga, we have been waiting already 2 weeks. The gearbox problem at the lever: we need a “kit” for all parts above where they go into the gearbox to
under which the ball at the bottom came loose.

The Isuzu concerned, on the way back from Shakawe Thursday stuck like a stubborn donkey. Somehow his “timing” gear came loose and caused the timing gear “cam shaft”‘s teeth are eroded and all the “push rods” the “valves” bent. Fortunately, did not bend the valves themselves.
We will also have a new “cylinder head gasket”.

It’s the usual old story of missionaries and vehicles.

Hope someone can help.

With a 4x4 the 100 kmfromFerry to DCM takes 3 hours - with a car up to 7 hours

With a 4×4 the 100 km from Ferry to DCM takes 3 hours – with a car up to 7 hours

SONY DSC

SONY DSC

Ladies, Landies, Gentlemen and all who read

I am ready and willing to drive up to Seronga [1600Km x 2] and take the required spares to him – AND a mechanic / knowledgeable person or 3 [we can go 5 up in the Prado].
We urgently request for i) Funds for the fuel ii) funds for the spares iii) Adventurous handy “manne” who can do a bush repair on a Landy G/box AND Aisiestog engine –
So – Gents, PLEASE take my hand on this one and help out?
I am pledging R500 plus overnight
We have received R500 and R800 on the Landie’s plight so far.
Budget: Fuel R3000, I will carry the accomodation of the group and each person provides for his / her own food & snax
What you will need for the trip: Clothes [no naked men allowed :-)] stretcher & sleeping bag & toiletries bag [dont forget tootbrush]
Oh – and we will take you on a mokorro ride to Elephants Island [sponsored]

OutreachAfrica
086-110-NPO
In support of Missionaries all over Africa
Helping God’s servants
doing God’s work
PO Box 16275 | Atlasville | 1465

Banking Details
Bank: Standard Bank
Branch: Castle Walk
Branch Code: 014645
Account number: 415214742

REFERENCE: ‘DCM Help and e-mail proof to Outreach2Africa@gmail.com

The success of this outreach is really now up to you guys.
Thank you & Baie Dankie
Edit/Delete Message