Archive for the ‘Outreach planning’ Category

2016 Outreach planning

 O2A logo
# Datum: 2016 Opsomming van Beplande uitreike Teiken
1 18 Mar – 3 Apr Richtersveld jeug- en gesinsuitreik na Kuboes Kuboesgemeenskap
2 23 Apr – 7 Mei Botswana Ngamiland Winter Warmte-uitreik Versprei klere aan armstes van die armes
3 25 Jun – 16 Jul Botswana Jesus-filmuitreik na afgeleë veeposte  
4 24 Sep 4×4.4Kids gesinsuitstappie met spesiale kinders Met Nissan Off-Road Owners Club @ Wolwekloof
5 3 Des Bless-an-Orphan Kersboom vir Rietfontein weeskinders  
6 10 – 23 Des Bybels-vier-Kersfees Botswana 1,000 Bybeluitreik Sendelinge in Ngamiland en Ghanzi

 

# 2016 Outreach2Africa: Detail van Beplande uitreike
1 18 Mar – 3 Apr Richtersveld jeug- en gesinsuitreik na Kuboes

Gesinne, enkellopendes, studente, tieners. Vakansieprogramme vir en Kuboes met verhoudingsbou, speletjies, poppekas en filmvertonings saans. Die plaaslike bevolking sê Kuboes is die hartland van die Nama-kultuur. Die dorp het sy ontstaan te danke aan die Rheense Sendingkerk wat destyds daar opgerig is. Die mense kon begin kerkgaan en hulle kinders kon geleerdheid kry, terwyl hulle tussen die dorpie en hulle veeposte reis. Vandag is daar werkloosheid en armoede.

 

2 23 Apr – 7 Mei Botswana Ngamiland Winter Warmte-uitreik

Uitreik met 3-ton klere na Ngamiland. Versprei klere versprei en vertoon Jesus Film by afgeleë gemeenskappe en onbereikte veeposte. Uitdagende 4×4 roetes. Rof, buite slaap / tente / kaiyas en baie 4×4-uitdagings tussen die punte.

 

3 25 Jun – 16 Jul Botswana Jesus-filmuitreik na afgeleë veeposte

Reik uit na afgeleë veeposte en onbereikte villages met die Jesus-film op uitdagende 4×4-roetes. Begin by Kokong / !Xaang/ Ranyane / Metsi Mantsu /Tshebiritsheke / Bere/ Xade/ New Xade/ Tshodilo Xung/ Xabatsha / Yobo/ Beetsha / Ghudikwa/ Kasane sokkerveldt/ Gazangulu [Zambia kant.] Rof, buite slaap / tente / kaiyas en baie 4×4-uitdagings tussen die punte. Net vir manne.

 

4 24 Sep 4×4.4Kids gesinsuitstappie met spesiale kinders by Wolwekloof met Nissan Off-Road Owners Club

Met behulp van die viertrek-gemeenskap, neem ‘n groep kinders met spesiale behoeftes (special needs) wat andersins nie die geleentheid sal kry nie, op ‘n 4×4-uitstappie in die natuur en bederf hulle die dag.

 

5 3 Des Bless-an-Orphan Kersboom vir Rietfontein weeskinders

Gesinsuitreik na weeskinders in Rietfontein (150 km vanaf Lephalale/Ellisras), naby die Groblersbrug-grenspos met Botswana. Die uitreik word beplan in samewerking met NG Gemeente Koedesrand. Borge word genader vir Kersgeskenke en eetgoed vir die 120 weeskinders wat deur die Staat by verskillende ouers geplaas is.

 

6 10 –23 Des Bybels-vier-Kersfees | Bibles-4-Christmas Botswana 1,000 Bybeluitreik

Insameling en verspreiding van 1,000 Tswana Bybels na Botswana se Sendelinge in Wes- en Noordwes Ngamiland asook Ghanzi en distrikte se Sendelinge. Ondersteuning van sendelinge as daar behoefte is.

 

    ? Tans nog ‘n Gebedsaak [Opknapondersteuning vir Sendelinge]

Opsie-uitreik: [Gebedsaak… Is dit ék plan of Godsplan ?] 8 – 10 dae

Opknap-ondersteuning vir Sendelinge en heelmaak/regmaak van wat ookal voorkom:

·         Ngarange Kerk bedrading en Huis donkie en storte

·         NxauNxau: Sonpaneel en bedrading en ligte [naaimasjien ?]

·         Blessing: Boorgat, Seronga water [dak oor kleedkamers ?]

·         Sepopa? Jerry Minnie?, Ondersoek Xade & New Xade

 

2015 Outreach planning

 O2A logo  

 

 

 

       
# Datum: 2015 Outreach2Africa: Beplande uitreike Teiken
1 24 Jan – 14 Feb Verkenningsuitreik met Trevor Mathews Botswana
2 25 Mar – 11 Apr Gesinsuitreik Richtersveldt Alexanderbaai, Sanddrift en omgewing
3 26 Apr – 10 Mei Manne alleen Winter Warmte-uitreik Ngamiland en veeposte met 3-ton klere
4 28 Jun – 12 Jul Jeuguitreik na Kalahari Groblershoop en omgewing vir tieners
5 2 – 11 Okt Richtersveldtuitreik vir almal Sanddrift & Kubus vakansieprogram
6 12 – 20 Des Bybels-vier-Kersfees – 1,000 Bybels vir Botswana Sendelinge in Ngamiland en Ghanzi

 

25 March-11 Apr Richtersveldt gesinsuitreik (Noord-Kaap)

25 Maart sal ons pak en laai. Vertrek 26 Maart. Uitreik na Die Ark op Alexanderbaai, moontlik ook na veeposte in die omgewing. Daaglikse uitreike met speletjies en poppekas na die kinders van Sanddrift en filmvertonings saans. Terugkeer op 11 April. Ons motiveer graag gesinne met kinders om deel te neem, want ‘n mens kan met ‘n gewone motor daarheen ry. Ons gaan meestal in tente bly.

 

26 Apr – 10 Mei Ngamiland Winter Warmte-Uitreik (Botswana)

Manne-uitreik met 3-ton klere na Ngamiland. Vertrek 26 April – Terug 10 Mei. Klere versprei en Jesus Film-uitreike na onbereikte veeposte op uitdagende 4×4 roetes. Ondersteuning van Sendelinge en heelmaak/regmaak van hulle se gebreekte goed, hetsy voertuig, stoof, huis … wat ookal voorkom. Een van ons Dominees behoort die een deel te neem. Rof, buite slaap / tente / kaiyas en baie 4×4-uitdagings tussen die punte. Net vir manne.

 

28 Jun – 12 Jul Kalahari jeuguitreik (Noord-Kaap)

Groblershoop en omgewing. Twee weke. Datums sal vasgemaak word saam met Cornelius Bediening. Gemik op ons tieners, met Jeug Dominee en ouerpare om te help met toesig oor tieners. Nota: Kinders onder 12 móét deur ouer / voog vergesel wees … 13 en op kan alleen saamgaan.

 

2 – 11 Okt Richtersveldt Uitreik

Gesinne, enkellopendes, studente, tieners. Vakansieprogramme vir Sanddrift en Kubus met speletjies, poppekas en filmvertonings saans.

 

12 – 20 Bybels-vier-Kersfees | Bibles 4 Christmas

Insameling en verspreiding van 1,000 Tswana Bybels na Botswana se Sendelinge in Wes- en Noordwes Ngamiland asook Ghanzi en distrikte se Sendelinge. Ondersteuning van sendelinge as daar behoefte is.

 

Bible distribution planning

Every December we aim to take a 1,000 Bibles to the Missionaries in Botswana as our Bibles-4-Christmas outreach.

Jaarliks onderneem OutreachAfrica ‘n “Bybels-4-Kersfees | Bibles-4-Christmas”-Uitreik na Ngamiland in Botswana.

 

In Desember 2014 het Mac en Johan 580 Bybels in Botswana afgelewer. Die bedoeling was dat die Sendelinge die Bybels op Kersdag vir hulle meelewende lidmate wat nie self ‘n Bybel het nie kon uitdeel.

Ons dank aan die Vader wat dit alles moontlik gemaak het.

B4K 2012

B4K 2012_Team

Here is a test to find whether your mission on earth is finished: If you are alive, it isn’t. (Richard Bach)

B4K Need

B4K 2011

B4K 2011_Team

Kontak & Navrae: Mac Mc Menamin:
Outreach2Africa@gmail.com
+27 (0)82 699 3055
Eric Alers: 011 979 7183 | 082 577 7227

Bankinligting

Rekening: OutreachAfrica
Bank: Standard Bank
Tak: Castle Walk
Takkode: 01464500
Rek.nr: 415214742

Bybels-vier-Kersfeesbeplanning 2013

Uitreikbeplanning: Bybels-vier-Kersfees Desember 2013

Die volgende uitreik is DV ons jaarlikse B4K oftewel Bybels-vier-Kersfees, en in Engels “Bibles-for-Christmas” uitreik na Botswana. Ons beoog om weer 1,000 Tswana en Engelse Bybels na die sendelinge wat ons in Botswana ondersteun te neem sodat hulle dit as geskenke kan uitdeel aan meelewende lidmate van hulle gemeentes.

Kontak ons gerus indien u wil saamgaan of dalk ‘n bydrae wil maak by outreach@outreach2africa.co.za of 0840848755.

Bybels-vier-Kersfees 2013

B4K vertrek 14 Des 2012

Jaarliks onderneem OutreachAfrica ‘n “Bybels-4-Kersfees | Bibles-4-Christmas”-Uitreik na Ngamiland in Botswana.

Die teikendatum vanjaar is 14 – 22 Desember 2013.

Daar is nog duisende individue en selfs hele huisgesinne en hele Veeposte waar daar nie ‘n enkele Bybel of selfs net ‘n Bybelboek beskikbaar is nie. En die mense daar is HONGER na Die Woord.

OutreachAfrica se roeping is mos juis om te gaan waar dit nog rof en wild is – en nou droom ek om “Bybels vir Kersfees” in te samel en in Ngamiland te gaan versprei aan die Sendelinge wat daar bedien.

Ons kan Tswana Bybels teen R60.00 per Bybel deur die Bybelgenootskap aankoop en aflewering deur “On The Dot” is ingesluit. [Bible Tswana 1908 N/O New Std Black HC (R/053) (NW), ISDN9780798216845]

B4C2013-versoek

In ‘n Kerk van skadunet en Mopanie-pale, sonder ‘n Bybel, aanbid hulle steeds

Manne-uitreik na Ngamiland

Botswana – Jesus Film-uitreik @ Veeposte en Klere versprei en Boumateriaal vir Sendelinge.

DATUM: 23 Augustus – 1 September 2013

• Wat en waar is NGAMILAND?
Ngamiland lê ten noorde van Ghanzi en strek tot teen die Okavango-rivier. Ten weste tot teenaan [en verby] die Namibië grens EN aan die Oostekant is die Okavango Delta die grens.

• Wat beplan ons om daar te gaan doen?
o Ons bedien die gebied waar Sendelinge van Seronga; Sepupa, Shakawe en die NG Gemeente Ghanzi met Sendingwerk besig is.
o Eerstens beoog ons om sowat 3-ton klere in te samel vir die Boesman gemeenskappies van Nxaau-Nxaau en Tshodilo, waar ons ook saans na sononder die Jesus Film wil vertoon.
o Ons het n stapel IBR plate [glasvesel tipe] wat die sendelinge dringend benodig om hul wonings klaar te maak , Pastoor Joseph se huis en kerkie het afgebrand, Freddie se huis moet klaar.
o Daarna reik ons saans uit na afgeleë veeposte wat die sendelinge nie alleen kan bereik nie. [Dis 4×4-wêreld]. Namiddae vertrek ons op uitreike na die verskillende veeposte wat die sendelinge ons sal aandui. [Hier moet jou 4×4 kan uithaal en wys, die Kalahari-sand is bedrieglik en DIKKK ?].
o Een ding wat ons NIE gaan doen nie – geen “swieties” word uitgedeel nie. [Daar is nie tandartse om elke draai nie … en nog vele ander redes wat ek met die groep wat saamgaan sal bespreek].
o ELKEEN wat saamgaan op hierdie uitreik is ‘n Ambassadeur vir Christus en Sy Koninkryk en elkeen het ewe veel by te dra tot die verloop van die Uitreik. Omdat dit ‘n “oop-dagboek” uitreik is, is die program nie rigied nie. Hiermee die breë trekke en ons maak ons harte oop en ontvanklik dat die Heilge Gees ons daagliks sal lei.
o Daar sal elke dag tyd afgestaan word vir eie stiltetyd en groep Bybelstudie. Nie onderhandelbaar nie.

• Maar wie kan saamgaan?
o Die uitreik is onder die vleuels van NG Gemeente Kempton Park-Oos – So, NGKPO manne – steek hand op asseblief?.
o Ons nooi van harte die Manne van omliggende Gemeentes om saam te gaan.
o Verder is die Uitreik ook oop vir alle Christelike denonimasies wat die Drie Enige God bely en dien. Ons maak nie onderskeid tydens uitreike nie.
o Gewillige vriende uit die 4×4 geledere moet ook saamkom [Die outoppie gaan mos “recovery” nodig hê daar in die dik sand]..
o Enige iemand met empatie vir die Boesmans van Botswana en ‘n begeerte om die Evangelie te verkondig en diensbaar te wees, kan saamgaan

• Wat is hulle sosiale en maatskaplike nood?
o Armoede, drank en dwelmmisbruik, geweld teen vrouens en kinders en bloot verwaarlosing, veral van die kinders.
o Werkloosheid is ‘n baie groot probleem onder veral die Boesmans. [Die Botswana politiek en onverdraagsaamheid vir verskille en ander faktore dra hiertoe by] Byvoorbeeld: Die handjievol mans (11 van hulle) by Ranyane wat wel werk het, is beeswagters en hul vegoeding? EEN BEES PER JAAR en een ete per dag. Dis dit.
o Voorvaders en geeste aanbidding is oral te vinde – Die Uitreike wat ons doen het al groot impak gemaak op die afname hierin. Die jeug van Dungu kom na EEN Jesus Film vertoning en vra: “Pastor – PLEASE help us plant a Church here. Our fathers must learn about Jesus”

• Hoe kan ons ’n verskil maak?
o Om daar te wees en te wys ons gee om is al ’n begin.
o Ons gaan ook om die ’hande’ van die sendelinge daar te versterk.
o Getuienis lewering – Glo my

Die gebied

• Wat word van my verwag as ek op die uitreik gaan?
o Deel te neem aan al die aktiwiteite en gawes te deel

• Hoe deel mens die Evangelie van Jesus Christus met die mense?
o Deur verhoudingsbou
o Deel getuienis
o Wees jouself.

• Wat is die opdrag vir die tyd?
o Elke individu wie saamgaan sal ingedeel word by spesifieke aktiwiteite volgens ervaring en gawes.
o MET ANDER WOORDE – Jy self het die grootste aandeel aan wat jou aandeel in hierdie uitreik gaan wees [sien jy kans ?]

Praktiese reëlings en inligting vir Uitreik
• Wat is die koste daaraan verbonde?
o Begroot vir die volgende:
? Brandstof ± 5,000 km
? Kos vir die 2 weke
? Kampering en ander oornagkostes [Daar mag iemand wees wat iewers van ’n gastehuis wil gebruik maak ? .. ]
? Kostes vir oorslaap eerste- en laaste aand – gewoonlik Pula 120 [Wisselkoers is ± R1,10 / 1 Pula] nag in Kang vir die houthutte of chalet of kamers [daar is goeie ablusiegeriewe] OF as jy weer wil tent opslaan, die kampterrein.

• Is ons verantwoordelik vir ons eie reiskoste (brandstof, verblyf en etes)?

• Ja (MAAR elkeen moet borgskappe kry – die verwagting is dat elkeen wat gaan NIE uit sy eie sak moet gaan nie maar borge kry om hul uitgawes te dek)

• Watter paaie gaan ons ry?
? Die paaie gaan wissel van teerpad tot slaggatpad tot grondpad tot diep-diep sand.
? Daar is ‘n teerpad tot by Shakawe … maar die plekkies lê wyd en dis grondpad waar ons gaan uitreik.

• Kan mens met ‘n gewone motor deelneem aan die uitreik?
? Ja, dit kan gereël word, praat net betyds met Mac.

• Waar en hoe gaan ons oorbly?
? Word beplan deur groep soos ons vorder, maar meestal in grondtente, daktente [Roof Top Tente].
? Met die oog daarop dat ons baie slegte paaie kan teekom en ook moeilike sand paaie, wil ek nie graag karavane aanbeveel nie – MAAR ek gaan dit ook nie teenstaan nie [in welke geval jy die bykomende brandstof self sal moet dra en befonds].
? Ons sal MOET sleepwaens trek om die 3-ton klere mee aan te ry, dit is dus ’n versoek dat jy ’n sleephaak aan jou voertuig sit as daar nie een is nie.

• Hoe is die sekuriteit?
? Dis Afrika… pas jou goed op en slaap lig. Maar ons het oor al die jare sedert 1997 nog net een voorval gehad van goed wat gesteel was. [Die Polisie was teen 11-uur dieselfde oggend terug met die booswig en AL ons goedere.]
? O-ja, neem versekering uit. [REISversekering is verpligtend en dit moet “Emergency Evacuation” insluit. Stel vas of jou eie Mediesefonds dit nie reeds dek nie.]

• Watse kamptoerusting en wat nog moet ons saamvat?

JOU PASPOORT en bestuurlisensie en Motorregistrasiedokument en sleepwa-registrasiedokumente
• Alles wat jy nodig het om te oorleef in ’n boskamp (tent slaapsak, matras, eetgerei ens.) [Mac koördineer m.b.t. tente – so moenie kop uittrek net omdat jy nie een het nie].
• Watse klere moet ons saamvat?
o Gemaklike bosklere – dae warm / nagte koud en koel (ook in Augustus) HOED en sonbrandolies. [Ons MOET langbroek dra wanner ons op ‘n Uitreik is – anders is kortbroek heel gaaf].
o Smeergoed vir goggas & muskietweerder
o Geen dasse nodig
• Is daar toiletgeriewe beskikbaar?
o Onthou om jou grafie, toiletpapier en vuurhoutjies saam te vat
• Is daar badkamerfasiliteite (stort of bad)?
o Vat eie stort sakkie – as jy het. Daar sal ook ‘n “kamp stort” beskikbaar wees – moenie 5-ster verwag nie
• Is daar selfoon opvangs?
o Ja
o Nee
o Soms
o Ek weet nie … ?
• Is daar drinkwater beskikbaar? Ja – maar ons vat ook genoeg saam
• Is daar enige winkels beskikbaar?
o Ja … soms. Nie oral nie
• Is daar elektrisiteit beskikbaar?
o Nee
• Moet ons ons eie yskas / vrieskas saamvat?
o Ja. Elke voertuig behoort een te hê. (Mac & ???? (wie wil help reël?) Sal hier ook koppe bymekaar sit – laat weet ons wat jy het??)
• Hoe ver is dit tussen diesel- of brandstofpompe?
o Voorsien vir ‘n 800 Km rit sonder toegang tot brandstof in die ergste gevalle

Maar o weeeee !!!
• Ek het nie ‘n 4×4 nie ????????
• GLORY … dankie tog .. daar is leë sitplekke wat gevul moet word so daar sal ’n plekkie vir jou gevind kan word.
• Ek kannie met mense praat nie
• [Moses kon ook nie …]
• Wie mag saamgaan?
• .
• Hoe gereeld en wanneer is die uitreik?
• Jaarliks – gewoonlik vóór die Winter toeslaan. [Hierdie een was vertraag a.g.v. van my voertuig wat in ‘n ongelukkie was …]
• Kan ‘n mens ‘n gewone (Venter) sleepwa sleep?
• Nee [Hy SAL breek]
• Malaria risiko?
• Ja [Kontak my vir inligting en voorsorg as jy nie seker is nie – MAAR ek sal jou in elk geval na ‘n Reisdokter verwys]
• Leeus en ander wild?
• Bobbejane, ape teen die Delta , luiperds hoewel raar en skaars, as dit warm genoeg is kan daar al ’n slang of twee uit hul winterslaap uitkom. O-ja, daar was al leeus.
• Moet elkeen vir sy eie kos sorg?
• Vir bespreking tydens ons eerste groep vergadering – Waarskynlik sal ons ’n groepkombuis hê waar almal beurte maak. Ek is oop vir voorstelle. [Ons gaan DV nagenoeg 20 manne wees].
• Hoe groot is die kinders wat ook mag saamgaan?
• Hierdie uitreik is MEN ONLY – slegs vir Manne [Seuns 16 en ouer tel as manne].

Goed – ek het nou alles gelees en wil / kan nie saamgaan nie??
Dis goed en reg so.
Mag ek vra dat jy 2 Korintiërs 9: 6 – 15 asook Romeine 10:14 – 15 sal gaan nalees en veral saam met ons begin bid vir die uitreik. Ek? Ek sal gaan – maar die middele moet van elders kom. HY het ons reeds geseën met ‘n 4×4 voertuig.

Ons sal bly wees as jy:
• Dit sal oorweeg om by te dra tot hierdie uitreik om iemand wat wil gaan maar nie die middele het nie te borg om te gaan.
• Sal intree in gebed vir ons – nou alreeds vir die beplanning en voorbereidings wat nog moet klaar kom voor die uitreik – en natuurlik ook tydens die hele uitreik. Want sonder gebedsdekking haal ek nie eens Pretoria se buitegrense nie.

• Dankie en mag jy vrede seën ervaar in die nabyheid van Christus elke dag van jou lewe. Hy het ons eerste lief.

• As jy op die “Terugvoerlys” geplaas wil word – Stuur asb jou SELFOONNOMMER met ‘n teks wat vra “Uitreiknuus-info” na 084 084 8755 OF ‘n e-pos met “Subject: “Uitreiknuus-info” na Admin@Outreach2Africa.co.za – OF na Burnadette Jurgens by ngkpo.admin@telkomsa.net

• Jy sal terugvoer kry oor die dinge wat ons ervaar – EN jy sal spesiale gebedsversoeke van nood wat ons mag ervaar ook kry…
• Vir die geliefdes wat tuis bly: Ons het meeste plekkies wel selfoonontvangs, so julle sal met die manne kan praat so tussen die bedrywighede deur.

Ek wil ook vra: Sal julle asseblief ook saam met die ander families/ gesinne van ons manne wat gaan tesame ‘n gebedsgroep vorm? Al kommunikeer julle net so al om die ander dag per foon … hoe dit ookal uitwerk.