BOTSWANA NUUSBRIEF

JERRY EN MAGDA SHAKAWE.

Jerry en Magda Minny 01 Jerry Minny 02

30 DESEMBER 2014

Ons sê baie dankie aan ons Vader vir seen en gesondheid. Dankie ook vir elkeen van julle wie die Here oor ons pad gebring het wie ons ondersteun in die werk van die Here. Sonder julle ondersteuning is dit nie moontlik nie, alle eer aan die Here. Ek en Magda en ons kinders in Suid Afrika is almal gesond en gaan goed. Hier in Botswana het ons ongeveer 120mm reën gehad in die afgelope 2 maande. Die veld lyk pragtig en die diere is in goeie kondisie.  Izette ons oudste dogter en haar vriend Wynand het by ons kom kuier in Desember. Groot was ons vreugde toe hulle aankondig hulle raak verloof hier in Botswana. Nou is ons nog ‘n seun ryker.

 

  • Ons Kerkie het so ‘n geseende Desember en Kerstyd gehad. Die lidmate groei gereeld, al is dit min, ons is partykeer 50 in die Kerk, kinders ingesluit. Die 24 ste Desember het die gemeente deurnag gebid. Kers oggend die 25 ste het ons 7 mense gedoop wat gevra het. Na ons met hulle gepraat het waaroor die doop gaan en hulle seker was het ons hulle gedoop tussen die krokodile in die Okovango. Wat ‘n voorreg. Daarna het ons ‘n geseënde Kersdiens gehad en ete pakkies uitgedeel aan elkeen teenwoordig.

 

  • Sondag die 28 ste Desember het ons die eerste Nagmaal gevier. Dit was vir my en die Kerk ‘n groot en Heilige dag. Dit was baie spanninsvol omdat dit moeilik is om die mense te verduidelik hoe om hulself te ondersoek en die Nagmaal heilig te gebruik. Ek het ernstig gebid hieroor. Die Here was totaal in beheer. Ons het net aan die volwasenes bedien. 3 Mense het gesê hulle sal volgende keer Nagmaal gebruik omdat hulle sekere dinge voor die Here moet uitklaar. Dit was ‘n duidelike bewys hulle verstaan. Dis God die HG in beheer. Alle eer aan Hom.

 

  • Ons is steeds besig met Bybelstudie in die Village Gani. 15 Mense het gevra vir Bybels omdat hulle ‘n opregte behoefte het aan ‘n Bybel en ook die Bybelstudie te kan volg. (Ek gee nie sommer net vir enige een ‘n Bybel wat voorkom nie. Maak eers so ver moontlik seker dat die persoon opreg die Here wil dien. God se Woord is Heilig.) Ons gaan dit die week afgee. Ons kon ook sake klere aan die Ghosi oorhandig.

 

 

  • By die Mohembo grenspos het ons ‘n geseende Kersdiens gehad op aanvraag van die persoon in beheer. Daar kon ons ook weer n klomp geestelike traktaatjies los. Een polisie vrou het spesifiek gevra vir ‘n King James Bybel. Wraggies het ek net een so ‘n Bybel en kon ons haar hart ook bly maak met die Woord van God.

 

  • Dit gaan goed met tannie ennit wat met Kanker gediagnoseer is. Sy is nog in Gabarone. Ook met Christo, die vlienier wat seergekry het met die vlieg ongeluk hier by ons. Hy het sy een oog verloor. Hulle veg nog vir sy ander oog in die Menlyn hospital Pretoria.

 

  • Ou Kersaand het ons by Willemien saam met haar kinders, kleinkinders en vriende die geboorte van Jesus gevier. Die kinders het ‘n opvoering gedoen en ons het tot laatnag Kersliedere gesing. Die Le Roux’s ken van sing en wysie hou, wat ‘n “great” fees.

 

 

  • Bid asb vir al hierdie sake. Geseende laaste dae van 2014 vir almal, en mag die nuwe jaar 2015,vir ons almal volharding in geloof bring.

 

The Bible teach us: “It is more important to know where you are going than to see how fast you can get there!”

And during the Civil War somebody asked Abraham Lincoln, whether he was sure God was on their side. He answered: “I do not know or thought about it. But I am anxious to know whether we are on God’s side!!” Vra ons God om ons te seën met wat ons doen of vra ons Hom om ons te seën met Sy wil en leiding?

 

Nou die dag in die biblioteek: Die ou vra die vrou waar hy die boek kan kry wat sê die man dra die broek in die huis. Sy kyk hom lank so oor haar brilletjie en antwoord” Mnr gaan kyk daar by die rak met die fee verhale!”