Ngamiland uitreikmanne Apr2014

Ngamiland 2014

Die jaarlikse Winter-warmte uitreik het vanaf 25 April 2014 na Ngamiland in Botswana plaasgevind. Die groep het bestaan uit Eric & Lettie Alers, Ariet Louw, Alby Oelofse en Mac. Hulle het ongeveer drie ton klere daarheen geneem, by die sendelinge besoek afgelê asook die Jesus-film en Walking with Jesus by plaaslike gemeenskappe en veeposte vertoon.

Baie dankie vir die klere skenkings wat ons ontvang het en veral vir die finansiële bystand. Ons waardeer dit opreg en glo dat dit ‘n betekenisvolle bydrae tot die uitreik gemaak het.

Dankie dat jy saam met ons gebid het vir ‘n veilige uitreik, seën oor die groep en hulle werk en veral dat die Here die Middelpunt van al die uitreikaktiwiteite sou wees.

Baie dankie vir jou getroue ondersteuning waarsonder ons nie hierdie werk sou kon doen nie.

Uitreikgroete

Mac & rrr.amanda Mc Menamin
OutreachAfrica | 086-110-NPO
In support of Missionaries all over Africa
e-Mail info@outreach2africa.co.za

Ngamiland uitreikgroep Apr2014

Ngamiland: Aug/Sep 2013

Beste Uitreikondersteuner

Ngamiland uitreikterugvoer

Die vyf manne (Eric, Alby, Mac, Corrie en Bennie) is sedert Saterdagoggend oppad na sendeling Willie Booyse van Delta Cross Ministries op Seronga om sy voertuie te gaan herstel. Langs pad het hulle ‘n hele paar uitdagings gehad. Eers die 3-ton sleepwa se remstaaf wat gelol het. Toe ‘n vertraging by die Grenspos oor die SARS-klaring vir die gebruikte dakplate en klere op die sleepwa. Toe die Prado se sleephaak wat gesweis moes word.

Hulle was egter die heeltyd onder bewaring van die Vader se Hand. Hulle is vanoggend veilig oor die pont en is nou oppad na Willie. Die Aisiestog (Isuzu) se herstelwerk is Corrie en Bennie se prioriteit. Alby moet die LandRammel (Land Rover) se rathefboom regkry. Eric sal na die bedrading van die Biblioteek omsien. Mac gaan ook daar rond wees…

Dankie aan elkeen wat tot dusver hierdie uitreik moontlik gemaak het deur middel van skenkings, raad en bystand, geldelike bydraes, slaapplek en kos langs pad, maar veral deur gebedsdekking. Ons kan nie hierdie werk sonder jou kosbare gebedsondersteuning aanpak nie.

Uitreikgroete

rrr.amanda
namens
Mac Mc Menamin 0824633114
OutreachAfrica | 086-110-NPO
In support of Missionaries all over Africa
M +27 (0)82 699 3055 | F +27 (0)866 231 097
PO Box 16275 | Atlasville | 1465
http://outreach2africa.co.za
e-Mail info@outreach2africa.co.za

___________________________________

Uitreikbeplanning

Dinsdag
Bennie Hurter en sy ‘SkoonDad’, Corrie du Plessis, val Willie se Isuzu aan om daai gearset gepas te kry.
Alby Oelofse vat die LandRammel se rathefboom aan en Oom Eric Alers Projekbestuur die bekabeling bedrading van die Biblioteek.
Mac laai die sleepwa af met die dakplate wat NG Gemeente Bonaeropark geskenk het, help waar nodig en bly weg waar oorbodig.
Woensdag
Soos Dinsdag – maak klaar wat nie klaar is nie.
Aand: Gaan na Dungy en wys “Walking with Jesus” dele 1 en 2 [Dit is ‘n opvolg op Jesus-film [Lukas weergawe].

Donderdag
Pak en laai en vertrek na Nxau Nxau. Willie het aangedui hy vergesel ons met die Uitreik na NxauNxau.

Vrydag:@Nxau Nxau
Sit ligte in Sendeling Gladys se huis(ie) en verdeel die klere wat N G Gemeente Kemptonpark-Oos voorsien het. Wys Walking With Jesus die aand in die skoolsaal.

Saterdag – Begin die terugtog – Slaap oor op Kang.

Sondag – Laaste strek huis toe.

Wat benodig ons van jou?
Eerstens dat jy sal saambid vir ‘n veilige heen en weer reis vir ons.
Vir wysheid en insig en vaardigheid om die voertuie REG reg te kry.
Ontvanklike harte by die Film-uitreike.
En ook en veral vir eenheid en goeie kameraderie tussen ons 5 manne vir die lang pad.
.. en ook vir Arista wat Bilharzia opgedoen het [Willie se dogter].
Begin sommer vandag bid — en hou ons op jou gebedslys tot ‘n week na ons terug is, asseblief.

Baie dankie

Mac & Die ‘Ngamiland Manne Span’
___________________________________
Beste Uitreikondersteuner

Die manne laat weet dat hulle suksesvol beide Willie se voertuie herstel het asook die Biblioteek op Seronga bedraad het. Gister het hulle Leon op Sepopa gehelp om sekuriteitsligte by sy huis in die “village” te installeer.

Willie het vandag by hulle aangesluit en op die oomblik is hulle op NauwNauw om sendeling Gladys se huisie verder te bedraad. Hulle het ook die grootste gedeelte van die klere na NauwNauw geneem. Gelukkig het Willie hulle vooraf gewaarsku dat die 3-ton sleepwa se spoor te wyd loop vir die pad na NauwNauw en hulle kon toe die vrag oorlaai op sy Isuzu en die sleepwa in veilige bewaring by die polisiestasie op Gumare laat. Hulle plan is om DV vanmiddag nadat hulle werk by Gladys voltooi is die sleepwa te gaan haal en dan vanaand in Ghanzi se kerksaal te gaan slaap.

Daar is baie dankbaarheid in Botswana vir die werk wat die manne gedoen het en op ons beurt weer vir elke ondersteuner wat dit moontlik gemaak het.

Bid asseblief saam met ons vir hulle veilige terugreis, maar bid asseblief veral vir die sendelinge wat in Botswana agterbly om die Boodskap na die mense in afgeleë gebiede te neem.

Uitreikgroete

rrr.amanda
namens
Mac Mc Menamin 0824633114
OutreachAfrica | 086-110-NPO
In support of Missionaries all over Africa
M +27 (0)82 699 3055 | F +27 (0)866 231 097
PO Box 16275 | Atlasville | 1465
http://outreach2africa.co.za
e-Mail info@outreach2africa.co.za

________________________________________

NS Ek lees gister weer Willie se oorspronklike noodkreet wat gelei het tot hierdie manne-uitreik en besef weer dat elkeen van ons net gehoorsaam moet wees wanneer ons geroep word… Soos Mac dit stel wanneer mense hom vra hoekom hy uitreikwerk doen: “…the pay is not great but the fringe benefits are out of this world…”

From: willie booyse
Date: 2013/4/18
Subject: Voertuie!

Groete Oompie

Dit gaan goed ten spyte van al die voertuig probleme. Ons was Dinsdag by die Dr in Ghantsi en my hart loop nog mooi. Arista moet egter gaan vir ekg toetse, was nie krag in Ghantsi om dit te doen nie, dr Riaan het ‘n onreelmatige hartritme opgetel en alhoewel hy nie bekommerd is nie, wil hy net doodseker maak dat sy ok is.

Ek wil net almal bedank wat bygedra het om ons te help om die voertuie op die pad te kry, ons waardeer dit baie, want sonder vervoer is ons gestrand en kan ons nie die HERE se werk doen nie, moet hoeka al ‘n draai in Gudigwa gemaak het met die Evangelisasiespan, maar moes dit vir eers uitstel. Weereens baie dankie. Ons hoop om spoedig al die nodige parte te bekom. Ek kon darem vir Steve ‘n bydrae gee vir sy werk, ongelukkig het hy verhuis.

Mag almal geseen word!

Shalom!
________________________________________
From: willie booyse
Date: 2013/4/18
Subject: Voertuie!

Goeie naand almal!

Die duiwel wil ons maar net nie uitlos nie en dis veral ons voertuie wat ‘n probleem bly.

Soos julle weet is dit nou al amper 3 maande wat ons sukkel om die probleme met die Land Rover en die Isuzu op te los. Eers het ons parte vir die Land Rover se ratkas probleme bestel wat toe volgens Steve die werktuigkundige nie dit was wat hy bestel het nie en moes ons dit terugstuur, nou sukkel ons om die parte in die hande te kry. Met die Isuzu gaan dit nie veel beter nie, het die tydratte en die “Cylinder head gasket” gekry, net om uit te vind dat die “valves” gebuig is en daar van die “valve guides” vervang moet word. Ongelukkig kan ons nie “valves en valve guides” in die hande kry hier in Botswana of naby gelee dorpe in Namibie nie. In tussen het Francois Malan ons gehelp met ‘n 4×4, 2.2 Toyota Hilux bakkie, waaroor ons baie dankbaar is, maar het agter gekom dat dit baie olie lek en nou moet ons eers die agterste “crank shaft” olie seel moet vervang, wat nogal ‘n groot werk is, want ons moet die ratkas en die “flywheel” uithaal om by die seel uit te kom en met ons beperkte kennis wil ons nie ‘n kans waag om dit hier in die bos te doen nie. Ons gebruik nog die Toyota, moet net gereeld olie ingooi, 2L op 800KM. Steve het in die tussen tyd verhuis na Katima Mulilo in Namibie toe.

Ons vra dat julle saam met ons oor al die probleme sal bid vir ingryping van BO, sodat ons hierdie probleme ook sal oorkom. Ons besef dis ‘n toets wat ons moet deurgaan, maar kan net met behulp van almal se gebede deurdruk.

Shalom!
________________________________________
16 Februarie2013 13:36
Groete in JESUS!

More, uit ‘n lekker nat Seronga!

Ons het so ‘n mini krisis op hande. Albei ons voertuie staan. Die Land Rover het ‘n probleem met die ratkas en ook ‘n “power steering pump” pypie wat vervang moet word. Die pypie is bestel, betaal en opgemaak, maar die ouens in Maun wat dit gemaak het kry dit net nie reg om dit op ‘n vliegtuig te sit Seronga toe nie, ons wag al reeds 2 weke. Die ratkas se probleem is by die hefboom, ons moet ‘n “kit” kry vir al die parte van bo waar dit in die ratkas ingaan tot onder waar die bal aan die onderkant los gekom het.

Wat die Isuzu aanbetref, die het Donderdag oppad terug van Shakawe gaan vassteek soos ‘n steeks donkie. Op een of ander manier het een van sy “timing” ratte los gekom en dit het veroorsaak dat die tydrat op die “cam shaft” se tande weggevreet is en al die “push rods” van die “valves” het gebuig. Gelukkig het die valves self nie gebuig nie. Ons sal ook ‘n nuwe “cylinder head gasket” moet kry.

Dis die normale ou storie van sendelinge en voertuie.

Hoop iemand kan help.

Seen!