Archive for the ‘2016 Outreach feedback’ Category

Richtersvelduitreik: Kuboes en veeposte 18 Maart – 3 April 2016

Uitreikterugvoer03: Richtersveld 1 April 2016

 

Die span het Donderdag die Kuboes-gedeelte van die uitreik afgesluit, terwyl Mac-hulle nog ‘n paar veewagters gaan soek het. Mac laat weet oor die Prado dat die “filler” nek nog ongelyk is. Hulle kan dit nie verder buig nie, want dan sluit die prop ook nie meer behoorlik nie. Dus, hou hulle maar die watervlakke dop.

 

Ons glo dat die Here die saad wat die uitreikgroep in Kuboes en omgewing in gehoorsaamheid gesaai het, sal laat groei en dat Sy Gees elke dag met Kuboes en sy mense sal wees. Donderdag se veeposuitreik het net dors diere opgelewer. Hulle uitreik vir die dag was dus om oral die stomme diere by die veeposte water te gee…

 

Vrydagoggend het die groep na die Richtersveldpark vertrek en hulle gaan ‘n dag of twee vanaf Potjiespram-kampplek na die veewagters in die Park uitreik. Mac se hart vir die veewagters is aangewakker deur Pieter van Wyk van Alexanderbaai wat ons in 2009 ontmoet het. Pieter het destyds begin met ‘n MaksieMan-groep wat uitreike na die veeposte onderneem het. Destyds het Pieter vir ons gesê: “Die mense in die Richtersveld se harte is opreg. Daar is ‘n paar duisend mense in die Richtersveld wat nie van die Here weet nie. 90% van die mense wat vee oppas, pas nie hulle eie vee op nie. Die mense stuur hulle geld vir die families. Die res van die maand eet hulle sleg. Die Here het daardie mense baie lief. Die Here het gesê ons moet die mense gaan vertel van Sy Liefde.”

 

Ons bid vir hierdie finale gedeelte van die uitreik en dat die groep werklik die Here se Vaderhart aan die veewagters kan oordra. Drikus en Sally vertrek van hier af via Namibië na Botswana waar hulle DV by Mac en die WinterWarmte-uitreik in Botswana (23 Apr – 7 Mei 2016) sal aansluit. Ons bid hulle ‘n veilige reis toe en ook gelukwense met hulle 40ste huweliksherdenking wat hulle oppad gaan vier. Frans, Bernice, Simoné en Ryan is oppad terug na Groblershoop en ons bid ook vir seën op hulle bediening (gaan kyk gerus na hulle webblad: Sonstraaltjies vir Jesus Cornelius Kinderbediening). Mac en Francois sal die pad vat wanneer hulle gereed is en ons bid ook vir ‘n veilige rit vir hulle.

 

Nogmaals dankie dat jy deel was van hierdie Richtersveld: Kuboes-uitreik en dat jy dit vir die span moontlik gemaak het, hetsy deur finansiële ondersteuning, motorherstelwerk, raad, bemoedigende boodskappe en veral gebed hulle werk aan ons Vader opgedra het. Ons is die Here dankbaar vir elke uitreik wat ons “saam met jou” kan onderneem.

601 Kleingroepie met Frans603 Dromme vol water_niks in diere se bakke606 Katte sonder water605 Windpomp sonder blaaie604 Veewagtershuisie in Die Sand weigebied607 Berge wink302 Kuboes Slaapplek Mac&Francois300b Drikus se blyplek

 

Uitreikterugvoer02: Richtersveld 26 Maart 2016

 

Dit gaan baie goed met die groep en die daaglikse interaksie met die kinders van Kuboes is baie geseënd. Ons is ook baie dankbaar dat die Prado nie meer probleme gee nie. Dankie vir almal wat Woensdag saam met ons gebid het toe Mac die motor na Weskus Verkoelers in Springbok geneem het en veral vir Johann Lemmer wat Mac daar bygestaan het. Die probleem was glo die filternek van die verkoeler wat beskadig was. ‘n Bietjie timmerwerk en skuurwerk later, lyk dit of alles nou reg is.

 

Die groep kamp op die AGS Gemeente se kerkterrein (daar is krag, maar nie water nie). Hulle ontmoet toe vir Daniel, die selfgemaakte koster. Daagliks sorg hy dat hulle water het wat hy met ‘n kruiwa en ‘n klomp twee-liter bottels aanry vir die toilette se spoel. En hy vee en kom hoor gereeld of hulle “oraait” is.

 

Bedags leer die kleiner kinders by Bernice die Kleure van Geloof aan die hand van die landsvlag en daarvoor moet sy en Sally genoeg vlaggies uitknip. Goud is… God is Koning. Swart is ons sonde se vuil. Rooi is Jesus se bloed vir ons. Wit – ons is skoon gewas deur Sy bloed. Groen is die groei wat ons moet doen in ons lewe vir Jesus. En blou is die wederkoms… uit die hemel kom Hy weer. In die midddae leer die groter kinders by Frans van die Vrugte van die Gees.

 

Van die manne het die afgelope twee dae veewagters gaan soek. Gister vind Mac en Drikus toe ‘n Omie van 89 wat in ‘n karavaan bly. Hy kan skaars sien. Sy heup is uit potjie, maar hy werk as veewagter vir sy dogter en vrou se troppie vee. Hy sien baie swak, maar danksy ‘n skenking van die NG Kemptonpark-Oos se dames en kuierhoekie, kon hulle vir die Omie ‘n splinternuwe groot druk Bybel gee. Mac vergeet toe sy hoed daar. Toe hulle ‘n uur later daar aankom, sit die Omie op sy bedjie… en Bybel lees.

 

Kuboes is ‘n arm dorp met baie werkloosheid en maatskaplike probleme, soos meeste van die dorpe in die omgewing. Hulle ervaar dat daar ‘n swaar, drukkende atmosfeer in die hele Kuboes heers en vra dat ons asseblief vir die dorp, sy mense en die uitreik na die gemeenskap sal bid.

 

Vandag (Sondag) het die groep die kerkdiens by die Koinonia Volle Evangelie Kerk in Alexanderbaai gaan bywoon en neem hulle die res van die dag ‘n blaaskans. Die uitreikspan van Ayoba (wat die Sanddrift-uitreik oorgeneem het) het by die Oranje-riviermonding by die Kuboesgroep aangesluit vir die rusdag. Ons bid vir beide spanne vir seën op hulle werk en dat Jesus deurgaans die middelpunt van alles sal bly.

 

501_Alex503_Alex416 Veeposte kry412 Veeposte kry oom 89411 Veeposte soek410 Veeposte soek

 

Uitreikterugvoer01: Richtersveld 22 Maart 2016

 

Beste Uitreikondersteuner

 

Die Gauteng-groep het Vrydag 18 Maart 2016 vertrek en die aand in Groblershoop by die Cornelius-bediening aangesluit. Vanweë die Prado se nukke het hulle eers Maandag na Kuboes vertrek, maar daarteen besluit om in die donker daarheen te ry. Laatmiddag het Johann Lemmer, (wat in 2010 deel van die uitreikspan was) hulle bederf met ‘n heerlike ete. Dankie Pastoor Wiggett van die VGK Alexanderbaai dat die span saam met Johan in jou huis in Port Nolloth kon oorslaap. Dinsdagaand slaap die groep DV in die AGS Kerkgebou in Kuboes.

 

Mac skryf: Sovêr… die Prado verloor water maar word nie warm. Het op Upington ‘n radiatorcap gekoop en vervang. Dit help baie.

Drikus se kar het te veel olie in en hy wou bietjie aftap. Toe maak hy die sump met warm olie oop… en verbrand sy hand.

Maar te veel olie uitgetap.. nou het hy eers weer omgedraai dorp toe om te gaan olie koop.

Sally het sy hand gedokter.

Ons bid vir sy hand.

Johann Lemmer het gereël dat ons in Port Nolloth in Carel Wiggett se huis slaap vanaand . Dan vroeg vroeg more oggend Khuboes toe…

Uiteeeeiiiiindelik ????

Die spangees is fantasties en ons lag nog saam.

Dankie Here vir padgenade.

RichtersveldMar2016 SpanRichtersveldMar2016 Poppekas313 Kuboes Spanwerk304 Kuboes Groep met Simoné303 Kuboes groep met Ryan305 Kuboes Kids Games300 Kuboes dorp