Archive for the ‘2014 Outreach feedback’ Category

Richtersvelduitreik Oktober 2014

Richtersveld 2014 IMG_1932

Richtersveld 2014 IMG_1917

Beste Uitreikondersteuner

Die Richtersvelduitreikgroep het in twee voertuie op die uitreik vertrek. Die eerste groep het Saterdagoggend vroeg vertrek en die aand gratis by Dirk en Hettie Malan se “Kalahari Water” op Keimoes oornag. (Dankie hiervoor!). Die tweede groep het Sondagoggend vertrek en die lang trek tot in Alexanderbaai in een dag voltooi. Ons is dankbaar dat almal veilig gereis het.

Vandag het hulle Sanddrift besoek waar hulle vanoggend die kleiner kinders met speletjies en poppekas vermaak het. Vanmiddag het die tieners aan die beurt gekom met ‘n meer geestelike fokus. Die plan is om vanaand ‘n geestelike film vir die gemeenskap te vertoon. Môreoggend is Sanddrift se kleintjies weer aan die beurt.

Aangesien die groep in die VEK-pastorie van Carel & Estelle Wiggett op Alexanderbaai bly, is hulle plan om Dinsdagmiddag saam met die VEK-jeug by hulle gemeenskapsentrum, “Die Ark”, uit te reik en môreaand die VEK se biduur by te woon. Woensdag en Donderdag kom Sanddrift DV weer aan die beurt.

Die plan is om Vrydag die Richtersveldpark te besoek en daar te oornag. Pieter van Wyk (wat ons tydens die eerste uitreik in 2009 ontmoet het en daarna vir drie jaar lank ‘n sendeling in Angola was), werk nou in die Park en die groep gaan hom besoek en ook uitreikwerk daar onder die veeposte doen.

Saterdagoggend will hulle vroeg vanuit die Richtersveldpark in die pad val en tot by Kathu ry waar Dirk en Eureka Croucamp van The Ranch Lodge vir hulle gratis verblyf aangebied het.

Die groep is baie dankbaar vir die Here se seën en vir elkeen se volgehoue gebede. Bid asseblief saam met ons vir die werk wat hulle doen en dat die boodskappe op vrugbare grond sal val.

Uitreikgroete

Richtersveld 2014 236

Beste Uitreikouers en ondersteuners

Dit gaan baie goed met die groep en Ian Stanton het ‘n wonderlike program vir hulle uitgewerk. Ariet Louw is “Moederhen” en sorg dat hulle almal lekker en genoeg eet.

Vanmiddag het hulle hulle eerste “regte” Poppekasvertoning by Die Ark op Alexanderbaai en almal was heel opgewonde daaroor. Vanaand woon hulle die VEK se biduur by in Alexanderbaai.

Hiermee ‘n paar foto’s om te wys waar hulle op Sanddrift werksaam is.

Richtersveld 01 Spel

Richtersveld 03 Film

Richtersveld 01 Poppekas

Richtersveld 2014 234

Richtersveld 2014 227

13 Oktober 2014

Beste Uitreikondersteuner

Die groep is veilig tuis. Baie dankie vir jou belangstelling,, ondersteuning en gebede om hierdie uitreik moontlik te maak en veral om veertien jong mense die geleentheid te gee om die Woord uit te dra na afgeleë gemeenskappe.

‘n Spesiale woord van dank aan almal wat die groep gratis verblyf aangebied het – julle ondersteuning was vir ons van onskatbare waarde:

• Dirk en Hettie Malan by Kalahari Water in Keimoes http://www.kalahariwater.co.za/
• Carel & Estelle Wiggett in Alexanderbaai http://alexanderbaai.wix.com/fullgospelab/giving#!__who-we-are
• Dirk en Eureka Croucamp van The Ranch Lodge naby Olifantshoek http://www.theranchchalets.co.za/

Mag ons vra dat jy asseblief die groep nog steeds in jou gebede sal hou, asook die mense van die Richtersveld dat die saad wat gesaai is groot Vrug sal dra.

Dankie by voorbaat.

Uitreikgroete

11 Richtersvelduitreik: 6 Apr 2013

Richtersvelduitreik 2013

Mac per SMS:

Jy moes by wees van begin tot einde om hjeelemal te ka’ v staan wattik nou wil beduie. Die Richtersveldt uitreik is om oor en verby.

Ons het vanaand knap 6 nm aangeland terug uit Richtersveldt. Die kampering gisteraand was bikki Anti klimaks en teleurstelling maar tog ook maar AFRIKA en so tiperend van wat mens te wagte kan wees (of nie 🙂 ).

Was die uitreik ‘n sukses? Hang seker af wat jy as maatstaf gaan gebruik. Wat my betref beslis.

Maar as ‘k sê die Richtersveldt uitreik is verby is dit net halfpad waar. Die Mrt Apr uitreik is om da is ‘k reg. Maar Richtersveldt, Sanddrift is pas begin. Projek Arrarat is gereed om ernstig opgeneem te word.

Op Baken is twee Engele wat ons daarin gaan help. Die span wat saam was? Hulle getuienisse is opgeteken. Dit volg so oor ‘n dag of wat Oompi eers bikki rus.

Vir jou deelneem in gebed, gedagte, bydraes en sommer net lees wat ons als aanvang.

DANKIE. Dankie. Dankie
Mac

Richtersveldbekoring 1876

P1070291 De Hoek

Sanddrif

Water is kosbaar in die Richtersveld

10 Richtersvelduitreik: 1 Apr 2013

Die jongmense het tuis al beplan om die “mense mooi te maak” en nou kan jy self sien hoe hulle die dag op Sanddrift geniet het. Groot en klein, seun en dogter het kom toustaan vir hierdie lekkerte! (Dankie vir elkeen se donasie wat hierdie bederf moontlik gemaak het).

3 Ann-Lee sonder bril - Copy

10 Jade se kliente - Copy

2 Almal vir make-up_dogters en seuns - Copy

9 Reeltyd vir speeltyd - Copy

6 Speelveld op Sanddrift - Copy

Mac kon ook Ann-Lee se fiets vir haar gee wat hy haar meer as twee jaar gelede belowe het. Ann-Lee het destyds vir Mac gesê sy wil ‘n dokter word, vir hom ‘n klippie gegee en gesê hy moet onthou om vir haar te bid. Dankie vir die manne wat die fiets geskenk en reggemaak het. Sonder julle sou ons dit nie kon doen nie.

8 Ann-Lee op haar fiets - Copy

7 Ann-Lee kry haar fiets - Copy

Saam met Oom Tommie en die manne van die Koinonio VEK se MaksiMan-beweging het die groep ‘n paar veesposte gaan besoek. Mac skryf daaroor as volg:

Uitreikterugvoer: Richtersveldt – Veewagters besoek

So teen 9-uur vanoggend was Oom Tommy, Derrick en Kapela hier — vandag is ons “veld” toe om die veewagters te besoek.

Bietjie anti-klimaks vir my, ons bly op die Sanddrift grootpad, al teen die rivier af. Daar is GEEN weiding op die vlakte nie – al die veetroppe stanings is hier teen die rivier langs af.

Ons het gehoop om so 6 veewagters te bereik vir die dag. Elkeen het ‘n ‘boksie’ gekry met die volgende in:
2.5Kg suiker
Tee [100 sakkies]
Koffie [500 g]
Broodmeel 2,5 Kg
Mieliemeel 2 Kg
Kondensmelk
Rys 500G
Brood
Lux sepie
Sout 250G
vuurhoutjies [pak]
Waspoeier [2-in-1 OMO]
Sunlight seep
Stroop
peanut botter
Konfyt [blik 500g]
wit peper
Pak kerse

Klink maar karig – maar vir mense wat in sink en sak kaias bly is dit baie.

[nota vir self: blik gemengde vrugte en boksie vla en blikkie Ideal melk kan maar bykom, wat]

Eerste stop is by Ou Tannie Louw op Swartwater. Al diep in die 70, haar kleinkind is tydelik daar om te help maar andersins boer sy stoksielalleen sedert haar man se dood paar jaar gelede met haar troppie bokke. Twee jaar terug het haar huis afgebrand terwyl sy in die weiding was met die trop bok.

Boonop sit nou met in die twintig lammers en daar is geen kos nie. ‘n Vriend help om met haar bakkie te ry en soetdoring takke te kap vir voer vir die lammers. Sy kan nie bestuur nie.

Ons bid, ons ry weg, my kjeel het ‘n dik knop in maar ‘k wys dit nie.

Entjie laer af langs die Baken pad kry ons Ou Meester Cloete. Hy was vroeër Prinsipaal van Sanddrift Laerskool. Sy wagter is Petrus en Petrus kry boks en nuwe Bybel. Dankie NG Garsfontein — die Bybels kom nog van julle af.

Net om die draai sit hier ‘n staning neffens langs die pad. Die kraal is leeg, maar die spopre is vars. Katel mooi netjies opgemaak. Hier wei Kleinman Fredericks met sy veetjies – die spore wys hy’s af rivier toe.

Ons sit sy boks en Bybel in sy kaia neer.

Laaaaamg draai – Tommie vat ons oor die kortpad wat nie geskraap is nie. Ek belowo hom ‘n klap, vir wat loop stane bodder hy met die slegpad terwyl die grootpad vars geskraap is?? en dit vir halwe myl korter?

Hy loop wys ons Wondergat. Teleurstelling – Wondergat is toegekap met tralies — sien amper niks nie.. Maar ons eet daar terwyl ons nou mos stilstaan.

Trug op die pad – stop by Josefsdal, gee vir Antie Josefs haar boks. Ek gesels te lekker met Ann-Lee, want dis haar Ma-se-kantse Ouma en sy kuier bikkki daar. Sy bring my ‘n nuwe klip om nie te versjeet om vir haar te bid nie.
Jantjie Fredericks kom daar verby, en ons gee sommer sy boks vir hom ook.

Ouma besuie sy het gebid vir nuwe Bybel – haar ou Bybel is gedaan gelees. Sy kom wys hom . Sjym – daai Bybel is ouer as Eric. Met groot dank ontvang sy haar nuwe Bybel.

My WOW virri dag — daai blydskap sien mens nie aldag nie.

Laaste stop is by Antie Katrina Matroos – sy kannie lees nie, maar haar seun kan – Dankie vir die Bybel. Dankie vir die boks ‘Hamper”.

Weereens BAIE BAIE dankie vir NG Kemptonpark Oos en die borg vir die kinders om hierdie uitreik mee te maak.

Baie dankie NG Pretoria-Garsfontein vir die Bybels. 120 ontvang, 20 in Botswana gelewer in Desember 2012, 84 hier in Alexanderbaai afgegee, 6 vandag by die veeposte en 9 vat ons saam vir môre, oormôre – 3 per voertuig vir die kinders om self elkeen ‘n Bybel uit te gee.

Laaste ding: Ons het die Richtersveldpark besoek bespreking met ‘n dag te vervroeg, dus gaan ons môre oggend oppak en Park toe vertrek – by Sanddrift aandoen en die balle afgee by Meester Agab om te sien dat dit gebruik word. Soos hy goeddink ??

Môre aand slaap ons DV op Poitjiespram, Woensdag ry ons die park, Woensdagnag slaap ons by Kokerboomkloof en Donderdag vat ons die terugtog aan. Een ekstra dag in die sak – want dit kan so ‘n uur of twee vat van Kokerboomkloof tot in die grootpad …

Ons sê DANKIE – en vra hou asseblief aan bid tot ‘n week NA ons tuisgekom het.

SJALOM / KAGISO / VREDE
dankie

O’Mac

Tipiese veeposte in die Richtersveldpark:

P1070208 Veepos Richtersveldpark

P1070156 Waar die skape wei

P1070163 Veepos Richtersveldpark

09 Richtersvelduitreik: 31 Mar 2013

Mac skryf:

Kuboes het toe nie vandag gebeur nie .. kon nie ‘n Raadslid opspoor om die saal gebruik goed te keur nie.

Toe wys ek vanaand die span die “volwasse” Jesus Film, die volle ene.
En die kinders moes neerskryf hoe hulle die film ervaar het.

Ek herhaal wat hulle skryf [naamloos, behalwe een wat vra dat haar naam bygesit word] – en ek skryf presies soos hulle geskryf het – taal en spelling net so:

——————————————————————–
“Shoe baie dankie dat ek die Jesus Film gekyk het dit beteken so baie vir my. – Daar is iets wat ek wil sê Jesus hou al sy beloftes en dat Jesus is vir my die Almagtige en die een wat my beskerm en my veilig in sy arm’s hou. Want hy sit in die allerhoogste.

My god is die here van alle koings. Waar 3 of meer in my naam vergader daar sal ek wees. [kruis geteken +] My heer het opgestaan.
Elanesse. [Vir Oupa en Ouma]

———————————————————————–
Die moewie het my hart oopgemaak vir die Heere en dit voel asof my lewe klaar verander het want ek het nog nooit so gevoel nie.

So sal Jesus net nog Dieper in my gaan amen !!!! ??? [En GROOT kruis met sy naam daarop]

————————————————————————-
Ek het weereens besef hoe bevoorreg ek is om God Jesus te kan ken. Want Hy wat niks verkeerd gedoen het nie het geley en vir alles wat ons verkeerd gedoen het gaan sterwe en weer opgestaan sodat diè wat aan Hom glo die Ewige Lewe kan hê. My Liefde vir Jesus sal nooit verval nie, en ek weet en glo dat God Jesus my Verlosser en Koning is. Ek is dankbaar vir wat hy vir my ±2000 jaar terug gedoen het.
? [Geteken]

——————————————————————————-
Wat vir my spesiaal was is waar Jesus die meisie opgetel en haar vas gehou het ek wens dat dit ek was dat Jesus my kan optel en vashou.

Ek is baie lief vir onse here en hy het vir my sondes gelei aan die kruis.
[geteken]

—————————————————————————————-
Toe hy op sy kniee gesaan het en gebid het en toe hy op die krys gesterf het en toe hy gese het ek gee my siel vir u en toe hy al die wonderwerke goed gedoen het en to hy gedoop is en vir en toe die duiel in n slang verskyn het en vir jesus gese aan bid my en toe sy sterwe

———————————————————————————————
Ek het die vole vorem van die fliek geniet en ek het alles wat gebeur het myne gemok. Die gedeelte wat ek die meeste van gehou het was toe die here verdydelik het van die sad gedemonstreer het dit het baie met my bryn gespeel in die begin maar nou weet ek wat dit bidoel het dat die saad is ons geloof in die here en hoe ons groei.
!!!
————————————————————————————————-
The film was a great success, I enjoyed every bit, the joy I have learned out of it, the greatness as well it thaught me couple of things I never even knew. my favourite part of this film, was when Jesus knelt down on his knees to pray by this big rock and ask for the others people’s forgiveness. It was a heart touching moment for me which I shall never forget to put on top of this, I just want to say a great thank you because it is such a privelage to be here and spread the word of God !

Everey moment of walking with the great and mighty Lord is like living in joy!!

JESUS IS KONING
Amen.
——————————————————————————————————————–

Nou my liewe vriende – as die stukkies jou nie raak nie .. laat weet my gerus, dat ek vir jou ook kan bid 🙂

Grap net – ek weet dit sal almal 2-keer laat dink. Maar ek, eintlik ons, het julle gebed nodig – hou asseblief vol daarmee.

Môre gaan van ons en van VEK se “MAXIMAN MANNE BEDIENING” uit na die veeposte. Hoop maar die paai is nie te versuip nie – dit reën al heel aand hier langs.

Die “hampers” is opgemaak, die Bybels is gelaai – al wat kortkom is julle gebedsdekking
Groete

Mac & Span

P1060865 Oppad na Vioolsdrif

P1060857 Halfmens

08 Richtersvelduitreik: 30 Mar 2013

Uitreikterugvoer vanaf Mac

As niks veranner nie sal al’s dieselle bly — nou wie die slim ding kwytgeraak h’t sallik’ie weet’ie – Maar dis net, al’s veranner alewig en niks is ooit dieselle nie.

So was Sanddrift vandag weer ‘n nuutjie – maar die kjenners het hulle gate uit geniet. Een bal het dit nie gemaak nie. Twee kjenners het op daarie gruisveld gevl dat’ie nerwe waai – darem nie hoef te pleister en plak nie.

Groot WOW vir my was die besoek aan Anne-Marie by ‘Spogplaas” gastehuis. Groot blygeit om weer te sien en sy het gou-gou met 12 koppies koffie uitgedraf [Ouma Lettie het vandag tuis gebly]. (Foto: Salome & Anne-Marie Reck by hulle pragtige gastehuis, Spogplaas).

Spogplaas P1070426

Spoggoed op Spogplaas

Eric-hulle het voormiddag die winkel bestorm en op een slag meer aangekoop as die winkel se omset in een week gewoonlik is. Ons was bietjie laag op proviand EN die Veeposte se weilwillendheids [Diakonaal] pakkies is ook oopgemaak. Pakkie kerse, blikkie kondensmelk, tee, koffie, sout, peper, suiker, pap en rys. en nog so paar goedjies. Bybels het ‘k mos saamgebring – nog van Garsfontein af.

Die groot oploop vandag was die Jesus-filmuitreik na Beauvillon. 42 Mense van die 65 bevolkingsgetal van Beauvillon het die film kom kyk. En die ontvangs was ‘amazing’. “Kom meneer goet weer, Asseblief da’ tog” .. .. Da kannik maar net sê ons probeer September weer kom.

My deur “plakker” [magneet] het ook vandag verloor. Dit was nou my laagtepunt. Soveel so dat klein Ian [7] eintlik gebid het ons kry die ding môre in die pad. Hoop ik ook.

P1070023 VGP Alexanderbaai buite

P1070020 VGK Alexanderbaai

Môre is Kerkdiens met Alexanderbaai NG Gemeente. (Kerkgebou op foto). Ons wag nog vir bevestiging van Khuboes of ons môre nm daar kan kom Jesus-film wys.

Eksteenfontein en Lekkersing “Is orrait vir nou”. Vollene kjeer straks Meneer goet.
Nou trek my oë self toe .. ik ook nou gaat loop stane slaap.

Die Benoni-Huis dogters en Bermuda-seuns hou ons besig. Maar die groei in hulle wat k waarneem is GROOT.

Jade het vanaand se “Boekevat” [was nuwe woord vir hulle] hanteer – en so gaan hulle elke aand beurt maak – Môre aand se tema is “TWYFEL” — Hoe hanteer EK dit, en hoe help ek ander wat twyfel en Jacques moet dit nou hanteer [oompie help darem so bitji. 🙂

Mooiloop almal en bid maar voort, daai listige ene loop hier rond en probeer stok voorsteek.

Groetnis
Mac & Ek

07 Richtersvelduitreik 28 & 29 Mar 2013

28 Mar 2013
dag 8 in die uitreik in … En dit reën seëninge. Dit was ‘n groot lekkerte om gister te staa’ kjyk hoelat die span en veral die kjenners die uitreik beleef. ‘n EERSTE vir almal behalwe ‘k en Eric … en selfs vir Eric was dit ‘n nuutjie.

Die dag se spelery met oor ‘n honderd gillende jillende oorstelpte klomp Sanddrift kjenners was uitputtend – en gisteraand met “Ooorsig vd dag” het die span soos een gestem: “Ons gaan vandag na kerk weer”. Die JesusFilm is deur 9 volwassenes en 92 kinders bygewoon.

Die Uitreikkjenners het die gebedsbeurte in die kar tydens die Film as WOW ervaar.

Stanley berig dat ‘n jongman hom genader het met vrae .. en toe kon hy vir hom bid. Stanley wat skaars in ons kringetjie kan bid… nou daai is my WOW.

Seine /opvangs is baie swak hier – so die berigte gebeur meestal met Dwergie per oproep .. daarom issik maar stillerag.

Soos Gawi altoos se: “GLORY”. Dit gaan goed met die span — ons oppad Kerk toe vir Kruis diens. Dankie vir elke gebed en selfs gedagte aan die uitreik — daarom dat Onse Heer ons so behoed en bewaar.

Dankie – en mooiloop julle [tot ek weer sein het om itziz te krabbel]

Oompie die Outoppie Mac en Ek

Port Museum HPIM4489

Port Museum P1070462

29 Mar 2013
Uitreikterugvoer: Mac skryf:

Ons het VEK se diens bygewoon en die hele gemeente het ons seenbede toegesing.

Alexanderbaai is leeg oor Paasnaweek. Die diens het langer geduur as wat ons verwag het en het ons terstond besluit om Port Nolloth toe te gaan dat ons Kinderspan darem ook Die Port kan ervaar. Ook McDouglesbaai met hulle.

So wragt8 is hulle in daai 9 grade water in en geswem /:). Darem nie een versuip nie :). Vanaand behandel ek David Ring en 2Tenors met hulle. More weer Sanddrift toe en dan die aand JesusFilm by Beauvillon.

Sondag oggenddiens by NG Alexanderbaai 10vm. Dan hoop om Khuboes in nm wat beteken ons gaan donker terugkom. Maandag besoek ons die veeposte op die vlakte. Dinsdag weer Sanddrift.

Woensdag pak ons vir die Richtersveldpark besoek en Donderdag toer die span die Park. DV is ons dan Vrydag en Sat oppad om DV Saterdagaand tuis te wees.

Dankie vir julle gebede.
Spangroete mac
0826993055

Port Nolloth 1 P1070472

Port P1070451

06 Richtersvelduitreik: Verhoudingsbou en Paasfees 28 Maart 2013

Die uitreikgroep het gister in Alexanderbaai aangekom en gisteraand die Jesus-film by Die Ark vir die plaaslike gemeenskap vertoon. Dit was ook die eerste keer dat die uitreikgroep se eie seuns en dogters die voorreg gehad het om self hierdie film te sien… Gister het twee van die mans saam met ‘n plaaslike lidmaat deurgery na Sanddrif om met die gemeenskapsleiers te gaan praat en toestemming te kry om vandag daar ‘n gemeenskapsprojek aan te bied en die plaaslike saal vir ‘n Jesus-filmvertoning vanaand te bespreek. Een van die skoolbeheerraadslede het toe uit sy eie vandag kennisgewingborde by die plaaslike winkels laat aanbring wat die nuus van die gratis filmvertoning bekendgemaak het.

Vandag kon die uitreikgroep vehoudingsbou met die kinders deur saam te speel en by twee geleenthede in kringetjies te sit en eers oor die belangrikheid van die Kruisiging en daarna oor die voorreg van Gebed te praat.

Tussendeur het die uitreikdogters die grimering wat geskenk is gebruik om “die mense mooi te maak” en kort voor lank het klein en groot in die tou kom staan vir hierdie lekkerte. Mac sê: “Die ‘make-up’ was ‘n wenner.” Nogmaals dankie aan elkeen wat ‘n bydrae hiertoe gemaak het.

Laatmiddag kon die uitreikgroep ‘n bietjie ontspan voor vanaand se Jesus-film in Sanddrif, toe ‘n dame wat ‘n voedingskema op die dorpie Baken bedryf, vir hulle toestemming gegee om haar erf te gebruik. Die plan is om DV gedurende die naweek Khubus/Kuboes en moontlik ook Eksteenfontein te besoek en daar verhoudings te bou. Dankie dat ons weet jy bid saam vir elke geleentheid om oor die Paasnaweek die wonderlike Boodskap met mense te deel wat werklik ‘n behoefte het aan ‘n God en ‘n Redder.

P1070034 Die Ark

IMG_6806 Jesus-film Die Ark

Mense verstaan nie altyd waarom ons by uitreikwerk betrokke is nie. In 2009 skryf Mac:

“SIELSOEKEND: Uitreik: 29 Augustus – 12 September 2009: Pella, Goodhouse, Henkries, Concordia, Onseepkans, Blouputs, Richtersveld, Eksteenfontein, Ghamoep, Leliefontein … waar HY ons ookal lei.

Hoe lyk dit – wil jy saamkom op so ‘n uitreik? ‘n Uitreik na die San en KhoiSan van die Noord-Kaap, Boesmanland, Richtersveldt, Namakwaland? Waaroor gaan hierdie uitreik?

Mens kan dit ook ‘n “Verkenning” noem – Grootste deel van die roete wat ons gaan dek het ‘n “toerisme-roete” geword waar groot blink 4×4’s (en minder blink 4×4’s) verbyskiet. Almal vasgevang in die ‘natuur’ en die mense daar nie eens raaksien nie. Baie gevalle nie eens bewus is van hulle bestaan nie. Net oor die bult, om die rant, agter die berg.

Ons gaan met die MENSE kennis maak, tyd saam met hulle deurbring, verneem wat hulle behoeftes is, hulle nood en ook die Evangelie, die Goeie Boodskap met hulle deel deur middle van die Jesus-Film. Met die data en inligting wat ons so aanteken gaan ons terugkom na ons Gemeentes en Gemeenskappe om daardeur, dis ons gebed, toekomstige uitreike aan te vuur. Uitreike wat daardie behoeftes gaan aanspreek.”

Op 4 September 2009 is “Die Ark” as ‘n gemeenskapsentrum geopen as ‘n heenkome vir skoolkinders wat gewoonlik ná skoolure alleen huistoe moes gaan óf op straat rondgeloop het.

Carel Wiggett, Pastoor van die Koinonia Volle Evangelie Kerk het dit in 2009 só aan ons verduidelik:
“Die Here is besig om ons baie te seën in Alexanderbaai. Ekl het lank terug die opdrag gekry om met die jeug te werk, maar niks het gewerk nie. Ek het alles probeer, maar dit wou nie werk nie. Toe op ‘n dag kom daar ses jongmense na my huis en vra dat ek vir hulle moet bid.

Net daarna ry ek by die kroeg verby en die Here sê: “Daar’s jou plek”. Ek gaan toe in en vra die man daar ek wil die kroeg hê. Die man sê toe, “write me the concept”. Dit het die groep 87 dae geneem om die gemeenskapsentrum van die grond af op te bou.”

Die behoefte vir Die Ark het ontstaan omdat Alexanderbaai eintlik ‘n verlate plek is waar kinders regtig iets nodig het wat dit vir hulle lekker gaan maak. Dit is ‘n plek waar jy vir hulle kan wys jy bly nog altyd mens as jy ‘n Christen is. Om vir hulle te wys dat dit lekkerder is om ‘n Christen te wees as van die wêreld. Ons moes met ‘n ompad met hulle werk.

Carel sê: “Die gemeenskap sien Die Ark wat hulle hier oopgemaak het nie as ‘n klein ding nie, maar as ‘n groot ding in die geestelike wêreld, want hulle het grondgebied teruggekry vir God.”

Sanddrif

Richtersveldbekoring 1876

Hoekom Sanddrift?

In 2009 het ons Ds Burger, destydse leraar van die NG Gemeente Alexanderbaai, gevra wat sy siening oor uitreik in hierdie omgewing is. Volgens hom is sy idee van uitreik dat mens gaan waar dit die minste beskikbaar is. Die braakland is Sanddrift. Baie gemeenskaplike probleme daar. Drank- en dwelmmisbruik. Die leraar se sentrum is op Khubus/Kuboes en hy kom wel by Sanddrift, maar nie so gereeld nie. Sanddrift staan soos ‘n seer vinger uit. Nood op ‘n baie wye sosiaal-maatskaplike vlak.

Die groter leierskap van daardie gemeenskap sit op Khubus/Kuboes. Sal aanbeveel mens praat eers met die plaaslike leierskap. Probleme met gemeenskapsprojekte is eienaarskap.

As die projek werk is dit almal sin en as dit nie werk nie is dit niemand sin nie. Hy weet nie van enige ander betrokkenheid van buite gemeentes by Sanddrift nie.

Mac sê sy “wow” vir die dag was dat hy die fiets wat hy twee jaar gelede vir Ann-Lee op Sanddrif belowe het, vandag kon oorhandig. Ann-Lee word deur haar Oupa grootgemaak, want sy het beide haar ouers tragies verloor. Haar droom is om eendag ‘n Dokter te word…. Dankie aan elkeen wat gehelp het om die fiets te bekom en dit weer mooi en heel te maak.

Op Pella het die groep by Linda van Wyk van die Toerisme-kantoor aangedoen. In 2010 het ons skenkings vir haar ontvang in die vorm van ‘n nuwe ‘n klawerbord en kitare, want haar hart was met ons verkenning in 2009 so verwoord: “My passie is om te sing en ek wil graag so die Here loof. Ek wil graag met ‘n Sangbediening begin, maar ek het net nie instrumente nie.” Weer eens dankie vir hierdie se skenkings.

Die groep het glo ook ‘n klein stukkie avontuur by die Groot Melkboom gehad toe altwee die sleepwaens in die sagte sand op die Namakwa 4×4-roete vasgesit het.

Voorwaar ‘n groot voorreg om daar op een van die mooiste kampplekke op hierdie aarde langs die magtige Oranjerivier tyd saam met jou Here te spandeer.

P1060506 Linda van Wyk Pella 2010

P1060748 Groot Melkboom

05 Richtersvelduitreik oppad na Alexanderbaai

Augragies na Alexanderbaai

Uitreikterugvoer: Augrabies na Alexanderbaai 26 Maart 2013

Die uitreikgroep dra hulle groete oor aan die gebedsondersteuners. Hulle het Augrabies geniet en Mac se spesiale oomblik was om Jean en Leorna daar te ontmoet en tyd saam met hulle te spandeer.

By die Groot Melkboom op die Namakwa 4×4-roete het hulle tyd gehad om die wonder van die natuur te beleef en in die Oranjerivier te was! By Vioolsdrift se kampterrein het die bestuurder ‘n ruim afslag vir die kampgroep bewillig waaroor hulle baie dankbaar was. Hulle werk lekker saam as ‘n span en almal is in goeie gees.

Vandag is die groep DV oppad na Alexanderbaai en hulle wil nou reeds baie dankie sê aan Carel en Estelle Wiggett van die Koinonia Volle Evangeliekerk wat daar hulle huis vir die volgende paar dae vir die uitreikgroep beskikbaar stel. “Die Ark” is ‘n projek op Alexanderbaai wat onder die jeug werk en wonderlike werk doen. Mac se droom is dat elke gemeenskap in die omgewing op ‘n soortgelyke manier die jeug sal betrek om hulle met die Woord te bedien en te help om hulle in die middae sinvol besig te hou.

Die groep vra asseblief voorbidding vir die daaglikse uitreike na omliggende gemeenskappe en die Jesus-filmvertonings wat hulle vir die volgende week beplan. Dankie dat jy deur jou gebede deel is van die groter Plan om die Woord te verkondig tot aan die uithoeke van die wêreld.

Foto’s van die Richtersveld-uitreik

Taking the Gospel to people in places where others will not dare!

Logo O2A volgens proef3

Die uitreik na die Richtersveld se roete was na:
Augrabies
Namakwa 4×4-reote
Alexanderbaai
Sanddrift
Richtersveldpark

Richtersveld Namakwa

Nama_rrr 2009 1287

Nama_rrr 2009 1313

Nama_rrr 2009 1413

Nama_rrr 2009 1451

Nama_rrr 2009 1514

Nama_rrr 2009 1878

Nama_rrr 2009 1924

04 Richtersvelduitreik beplan besoek na Goodhouse

Vanweë die nood in Goodhouse, beplan die uitreikgroep om DV Sondagaand 24 Maart 2013, die Jesus-film daar te vertoon. Bid asseblief saam met ons dat hulle by die regte mense sal uitkom vir vir ontvanklike harte.

Munisipaliteit sny boere se lewensaar af

Rapport RK Nuus 2007 Goodhouse

peet van aardt Goodhouse

Vier jaar nadat die regering se peperduur paprika-boerdery-projek in Goodhouse platgeval het, kon ’n handjievol boere darem ’n sukses van dié skande maak. Maar nou word hul planne ook doodgewurg deur die munisipaliteit, wat beveel het dat hul water afgesny word.

Die Noord-Kaapse regering het die Goodhouse-projek in 2003 begin. Altesame 55 bruin boere is elkeen 10 ha grond gegee om paprika te verbou. ’n Besproeiingstelsel van R80 miljoen is geïnstalleer en ’n paprikafabriek van R55 miljoen is gebou. Maar agt maande later het die hele projek platgeval en die plaasgemeenskap was geruïneer.

Kenners meen die owerheid het nie in ag geneem dat paprika, wat ’n temperatuur van onder 32°C vereis, nie in dié gebied (waar die temperatuur tot bo 50°C styg) sal aard nie. Goodhouse het verval in ’n vergete plato van stof en gebreekte trekkers. Plakkers het ingetrek.

’n Paar boere het vasgebyt en die pompstasies benut wat opgerig is. Hul plase het gefloreer.

Maar nou, vier jaar later, vrees hulle vir hul voortbestaan. Die Nama Khoi-munisipaliteit het Eskom die afgelope week opdrag gegee om die kragtoevoer na die waterpompe af te sny. Volgens dié opdrag, wat in Rapport se besit is, word die elektrisiteit nie gebruik nie. Daarby meen die munisipaliteit die gebruik van die waterpompe is ’n verkwisting van geld.

Mnr. Victor Hayes (57) is ’n sakeman van Springbok wat ingespring het om die boere langs die Garieprivier te help. “Die boere werk hard en doen wat hulle veronderstel is om te doen. Maar nou gaan hul water afgesny word. Hoe gaan hulle oorleef?” vra hy. Hayes het 10 ha skoongemaak van doringbome sodat die grond beplant kan word en ook op eie koste draad gespan om van die boere se grond. “Dit is nie reg nie. Hoe moet ons nou maak?” vra mnr. Fanie Schoeman (63), een van die boere.

Hy boer al 23 jaar op die grond en was destyds verheug oor die Goodhouse-projek.

“Maar selfs nadat dit misluk het, het ons moed gehou en aangegaan. Sny hulle nou ons water af, sny hul ons kele ook af,” sê hy. Hy boer met mango’s en lusern. Sy vrou, Reneé, bestuur ’n winkeltjie op hul plaas.

Nóg ’n veteraanboer, mnr. Abraham van Wyk (70), is moedeloos. “Het ek nou al daai jare gemors? As die owerhede ons water afsny, maak hulle ons dood.” Die boere krap kop oor al die miljoene rande wat in die projek gestort is.

“Ons sien niks van die geld nie,” sê mnr. Piet Cloete (54). “Die doel van die projek was juis om ons boere te help. Hoe kan die munisipaliteit toelaat dat alles net doodloop?

“Die regering praat van 13 jaar se demokrasie. Maar hiervan het ons nog niks geproe nie. Ons as boere wil vir onsself kan sorg, maar hulle sny ons hande af,” sê hy. )?Die Nama Khoi-munisipaliteit wou nie kommentaar lewer oor die saak nie.

peet.vanaardt@rapport.co.za

Onderskrif: Vier jaar nadat die peperduur Goodhouse-projek doodgeloop het, het ’n handjievol boere ’n sukses van dié mislukking gemaak. Maar nou wil die munisipaliteit hul water afsny. Van links is mnre. Samuel Cloete, Fanie Schoeman en Victor Hayes. Foto: steve eggington