Uitreikterugvoer vanaf Mac

As niks veranner nie sal al’s dieselle bly — nou wie die slim ding kwytgeraak h’t sallik’ie weet’ie – Maar dis net, al’s veranner alewig en niks is ooit dieselle nie.

So was Sanddrift vandag weer ‘n nuutjie – maar die kjenners het hulle gate uit geniet. Een bal het dit nie gemaak nie. Twee kjenners het op daarie gruisveld gevl dat’ie nerwe waai – darem nie hoef te pleister en plak nie.

Groot WOW vir my was die besoek aan Anne-Marie by ‘Spogplaas” gastehuis. Groot blygeit om weer te sien en sy het gou-gou met 12 koppies koffie uitgedraf [Ouma Lettie het vandag tuis gebly]. (Foto: Salome & Anne-Marie Reck by hulle pragtige gastehuis, Spogplaas).

Spogplaas P1070426

Spoggoed op Spogplaas

Eric-hulle het voormiddag die winkel bestorm en op een slag meer aangekoop as die winkel se omset in een week gewoonlik is. Ons was bietjie laag op proviand EN die Veeposte se weilwillendheids [Diakonaal] pakkies is ook oopgemaak. Pakkie kerse, blikkie kondensmelk, tee, koffie, sout, peper, suiker, pap en rys. en nog so paar goedjies. Bybels het ‘k mos saamgebring – nog van Garsfontein af.

Die groot oploop vandag was die Jesus-filmuitreik na Beauvillon. 42 Mense van die 65 bevolkingsgetal van Beauvillon het die film kom kyk. En die ontvangs was ‘amazing’. “Kom meneer goet weer, Asseblief da’ tog” .. .. Da kannik maar net sê ons probeer September weer kom.

My deur “plakker” [magneet] het ook vandag verloor. Dit was nou my laagtepunt. Soveel so dat klein Ian [7] eintlik gebid het ons kry die ding môre in die pad. Hoop ik ook.

P1070023 VGP Alexanderbaai buite

P1070020 VGK Alexanderbaai

Môre is Kerkdiens met Alexanderbaai NG Gemeente. (Kerkgebou op foto). Ons wag nog vir bevestiging van Khuboes of ons môre nm daar kan kom Jesus-film wys.

Eksteenfontein en Lekkersing “Is orrait vir nou”. Vollene kjeer straks Meneer goet.
Nou trek my oë self toe .. ik ook nou gaat loop stane slaap.

Die Benoni-Huis dogters en Bermuda-seuns hou ons besig. Maar die groei in hulle wat k waarneem is GROOT.

Jade het vanaand se “Boekevat” [was nuwe woord vir hulle] hanteer – en so gaan hulle elke aand beurt maak – Môre aand se tema is “TWYFEL” — Hoe hanteer EK dit, en hoe help ek ander wat twyfel en Jacques moet dit nou hanteer [oompie help darem so bitji. 🙂

Mooiloop almal en bid maar voort, daai listige ene loop hier rond en probeer stok voorsteek.

Groetnis
Mac & Ek