XANAGAS – BOTSWANA

“Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U. (Hand. 17:28)
Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad.” (Joh. 14:6)

New Xanagas 05 Gawi Joubert01

Die Boesmans wat op plase rondom Xanagas gebly het, het in die 70 ger jare na die Sending gekom en hulp gevra om hul eie plaas te bekom. Na baie gebed en onderhandelinge en 5 jaar se water boordery het die droom waar geword in 1983. In 1986 is ‘n stuk grond va 12 km by 40 km – omtrent 40,000 hektaar omhein. New Xanagas is ‘n unieke plek. Hulle het beeste en bokke by die regering gekry en begin boer met EEN water drink plek. Dit werk nie. Die grootste probleme is bestuur en fondse. Die Here het my in 1988 hierheen gestuur.

Ons glo dis nou die tyd om behoorlik te begin boer – dat hulle nie net hoef te glo nie – maar ook kan beleef dat hierdie woorde waar is: Joh 10:10 Ek, Christus, het gekom, dat julle lewe en oorvloed kan hê. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. (AOV – ek het volgorde net herstel.)

Die plan is om kampe te maak en met solar krag dit te elektrifiseer – natuurlik boor vir nog water. ‘n Boer van RSA wil ‘n stuk grond naby aan ons huur en een miljoen Rand beskikbaar stel om die eerste kampe te ontwikkel.

Ek wil graag vir die Kgosi (hoofman) en van die ander leiers gaan wys hoe die stelsel op ‘n plaas in Botswana werk.

My budget is bietjie laag – is daar nie nog bietjie water in die sending kruik vir petrol, kos en akkommodasie nie, sal probeer om soveel moontlik te kamp?! Wil so gou moontlik ry met die spannetjie. (Nou net met Jacobus, die boer gepraat, sal eers in Mei gaan – ek gee solank die inligting deur vir jou.)

Dit gaan goed met Two Bob – het 84 en 75 % gekry vir haar eerste 2 toetse. Dankie dat jy haar nie vergeet nie.

Dina het KKNK baie geniet, gaan nog goed met my Ma dankie.

Mooi dag en BLESSINGS vir jou !! DANKIE!!!!!! DANKIE!!!!!!!!!!!

Dina sel +267 736 803 51

Gawi + 267 713 698 57 of + 267 73 696 737 of sms 0721 580 587 http://xanagas-com1.webs.com/

FNB Lynnwood tak 252045 rek nr: 620 318 253 86 GS Joubert
Standard Bank. Gobabis tak 082072 Rek nr 143 356 488 ”