DCM Logo

DCM Willie en gesin 01

Groete in JESUS!

Dit reên nog baie lekker hier in Seronga.

Ons beplanning vir die jaar is nog nie heeltemal gefinaliseer nie, maar ek gaan solank vir julle die voorlopige beplanning en dit wat ons benodig voorlê.

Bediening!Ons beplan om ‘n Bybelskool te bou, ons het reeds die belofte van 10 000 sakkies, maar gaan omtrent 100 tot 150 sakkies sement benodig. Voeg daarby 5 deure en deurrame, die staal vir dakkappe en sinkplate en groot asseblief, manne wat bereid is om te kom help bou.

Ons benodig ‘n Biblioteek (Reading Room), waar studente kan navorsing doen en kennis opbou. Het reeds 5000 sakkies en benodig weereens omtrent 50 sakkies sement en 2 deure, deurrame en dan die staal vir die kappe en sinkplate. Die biblioteek is dalk prioriteit, ons wil dit koppel met ‘n kantoor. Benodig dan ook tafels, stoele en kantoor toerusting.

Ons sal graag die Pre-school met ‘n speelparkie wil verbeter en dan indien moontlik, die heining met diamond mesh wil verbeter, ook skryfbenodigdhede en verf, papier sal waardeer word. Van draad gepraat, ons benodig ‘n paar rolle staaldraad, doringdraad, binddraad en ysterpale vir die sendingplot se heining en van die kerkies se heining.

Ons benodig ook kantoorbenodigdhede soos kopieërpapier en ink vir kopieëring. (HP no 21 en 22 en Lexmark 14 en 15 en Lexmark 36 en 37). Ons gebruik 3 verskillende kopieërders omdat ink nie vrylik bekombaar is nie.

Erens is daar dalk ‘n trekker, ploeg, trekkerwa en waterkar, wat iemand vir ons kan skenk. Ons benodig dit om die gemeenskappies waarin ons werk by te staan.

Opleiding: Die HERE het ons gebede verhoor en Freddie is nou permanent hier om opleiding te gee. Ons begin reeds in Februarie met ons eerste BOFF Kursus en in Mei met Teologiese opleiding. Ons probeer om die studente so ver as moontlik tegemoet kom met die opleiding en daarom verskaf ons gratis kursusse, weereens vat dit soms baie uit ons eie finansies om hul te voed, boeke te verskaf en in ander behoeftes te voorsien. Dalk is daar mense op wie se harte die HERE dit geplaas het om veral hier betrokke te raak.

Evangelisasie: Weereens het die HERE ons gebede verhoor en kom Jerry Minnie by ons aansluit om veral by die Evangelisasie betrokke te wees. Die fondse is egter nie altyd beskikbaar vir brandstof, kos en ander benodigdhede vir die werk nie. Ons gebied vergroot baie, aan ons kant van die Delta dek ons ‘n gebied van 174km en aan die Suide kant is Nxau Nxau 330 km en Gansi 145km van ons af. Dan het ons ‘n boot om Jao Eiland te bedien, maar branstof vir een keer per maand se besoek is R 1200. Dan benodig ons ‘n tent of twee en ‘n paar slaapsakke vir die evangeliste.

Medewerkers.Ons het nog vier medewerkers wat geen ondersteuning ontvang nie, op die oomblik probeer ons help waar ons kan, maar dit is nie altyd maklik nie. As iemand hul oor die mensies kan ontferm sal ek dit hoog op prys stel.

Freddie se huis kort nog plafonne en dan moet hy nog sy werksplek toebou waar hy die mense in die village wil oplei met leerprodukte ens. Om vir hom krag aan te lê gaan baie kos, ek sal die kwotasie plaas sodra dit beskikbaar is.

Eie behoeftes. Dis een van die moeilikste dinge om te doen en dis om vir ons self te vra, maar ek gaan die vrymoedigheid neem om ‘n paar dinge te vra. Ons ondersteuning is op die oomblik bietjie laag en ons sal dit waardeer as daar dalk iemand is wat ons maandeliks wil ondersteun. Ons voertuie het albei meer as 375000km op die klok en met ons berugte pad vat hul gereeld ‘n hammering en is nie meer so baie betroubaar nie.

Ek sal graag ook vir Estelle wil verras met ‘n nuwe sitkamerstel.

Daar is nog ‘n paar ander dinge maar ons los dit vir later.

Bank besonderhede:
Vir alle fondse behalwe vir ons as gesin.
FNB—DCM—-ACCOUNT NUMBER 62148723986—BRANCH CODE 230433.

Ons besonderhede:
Estelle Booyse—FNB—ACCOUNT NR 62163097887—BRANCH CODE 271144.

Albei rekeninge is in SA.

Ek hoop nie ek klink soos iemand wat bedel nie, maar ek glo in my hart dat dit die regte tyd is om te vra.

Mag jul almal ryklik geseën word!

Shalom!

Willie
booysew@gmail.com

DCM opleiding 1

DCM opleiding 2

19 April 2013

Ek wil net almal bedank wat bygedra het om ons te help om die voertuie op die pad te kry, ons waardeer dit baie, want sonder vervoer is ons gestrand en kan ons nie die HERE se werk doen nie, moet hoeka al ‘n draai in Gudigwa gemaak het met die Evangelisasiespan, maar moes dit vir eers uitstel. Weereens baie dankie.

Ons hoop om spoedig al die nodige parte te bekom. Ek kon darem vir Steve ‘n bydrae gee vir sy werk, ongelukkig het hy verhuis. Die duiwel wil ons maar net nie uitlos nie en dis veral ons voertuie wat ‘n probleem bly. Soos julle weet is dit nou al amper 3 maande wat ons sukkel om die probleme met die Land Rover en die Isuzu op te los. Ons vra dat julle saam met ons oor al die probleme sal bid vir ingryping van BO, sodat ons hierdie probleme ook sal oorkom. Ons besef dis ‘n toets wat ons moet deurgaan, maar kan net met behulp van almal se gebede deurdruk.

Shalom!

Willie Booyse

Delta Cross Ministries

Willie Booyse en gesin02 Willie Booyse en gesin Delta Cross Ministries_Seronga