Archive for October, 2015

Richtersvelduitreik 2015

Terugvoer Richtersvelduitreik: 8 Okt 2015

 

In Sanddrift daag daar daagliks omtrent 60 kinders op vir sing, dans en poppekas met Woordbediening. Bedags doen Ian Stanton, Marius en Des ook huisbesoek om met die ouer inwoners verhoudings te bou. Ariet vra dat ons asseblief saam met hulle bid vir meer oop deure vir huisbesoek en dat die kinders se harte ook ontvanklik sal wees vir die Evangelie van Jesus. Ons dank die Here vir die geleentheid wat hierdie groep het om Hom in die Richtersveld te dien.

03 Sanddrift 2015 02 Sanddrift 2015 01 Sanddrift 2015 Poppekas Sonnie & die Woord

 

Ariet en haar groep bedien die kinders van Sanddrift met speletjies, poppekas en spanwerk. Mac en sy groep is in die Richtersveldpark waar hulle die veeposte soek en besoek. (Mens moet hulle eers vind, sê hy). Hulle het vir elke staning ‘n kospakkie en nuwe Afrikaanse Bybel en deel ‘n boodskap en gebed by elke veepos. Hulle slaap vanaand oor in die park en sal laatmiddag Woensdag weer by die Sanddrift-groep aansluit. Ons bid vir elke mens wat hulle aanraak en dat die Here die middelpunt van alle aktiwiteite sal wees.

 

 04 Veewagter 03 Veewagterwoning 02 Veewagterkookskerm 01 Richtersveldpark 05 Richtersveldpark_kaart

 

Terugvoer Richtersvelduitreik: 3 Okt 2015

 

Die eerste Richtersvelduitreikgroep het vanoggend om 07:00 vanaf Benoni vertrek en hulle slaap DV vanaand by Kalahari Water Karavaanpark op Keimoes. Dankie Dirk Malan dat jy telkens gereed staan om die span te huisves.

 

Ariet en Ian se span vertrek DV Sondagoggend vanaf Pretoria. Ons bid vir beide groepe ‘n baie veilige rit toe. Ons glo dat hulle wonderlike werk in die Richtersveld gaan doen en vra veral voorbidding vir hulle werk met die gemeenskap in Sanddrift en die uitreike na die veeposte. Werkloosheid, kinderverwaarlosing en drankmisbruik kom daar voor.

 

Baie, baie dankie vir elkeen se ondersteuning, hetsy gebed, finansiële bydrae of aanmoediging, wat dit vir die groep moontlik gemaak het om die op die uitreik te gaan en die mense van die Richtersveld te gaan bedien. Ons glo dat God elkeen van hulle met Sy Hand uitgekies is om te gaan en vir die voorreg om ander mense van Hom te gaan leer en vir hulle tot seën te wees. Ons bid saam vir ‘n wonderlike, geseënde uitreik. OutreachAfrica-groete

 

Du Toit, Gerda, Carla, Marinda, Francious, Jonty & Mac

01 Vertrek Benoni02 Vertrek Benoni

07 Vertrek Du Toit & Gerda 08 Vertrek Carla05 Vertrek Marinda06 Vertrek Jonty & Francious          09 Vertrek Mac04 Vertrek Le Roux03 Vertrek Kagiso2