Richtersvelduitreik: Augrabies via Pella na Goodhouse

Die uitreikgroep laat weet dat hulle ‘n heerlike dag in Augrabies deurgebring het en mekaar beter leer ken het. Hulle vertrek DV Sondag 24 Maart na Pella waar hulle permitte gaan kry om die Namakwa 4×4-roete te gebruik. Die roete is 642km lank en strek vanaf Pella al langs die Oranjerivier tot by Alexanderbaai.

Die groep vra asseblief voorbidding vir hulle beplande oorslaap in Goodhouse, dat hulle by die regte menses sal uitkom en veral vir Sondagaand wanneer hulle die Jesus-film vir die gemeenskap wil vertoon. Goodhouse het in 2007 mediadekking geniet vanweë die armoede wat daar heers.

Vir die volgende paar dae op die 4×4-roete beplan die groep om by gemeenskappe aan te doen en saans die Jesus-film by hierdie mense te vertoon wat baie selde Woordbediening ontvang.

Die toerisme-kantoor beskryf die roete as volg: The Namaqua 4×4 Route gives you access to some of South Africa’s most beautiful semi-desert regions. The entire route passes through an isolated desert landscape believed to be home to the richest diversity of succulent plants in the world. Rugged kloofs, high mountains and dramatic landscapes that sweep away inland from the Orange River divulge the fact that you are now in the vast mountain desert.

Dankie dat ons weet jy bid saam met die groep vir ‘n veilige reis in hierdie redelike onbewoonde gebied.

Uitreikgroete

Richtersvelduitreik Pak & Laai 21 Mar 2013

Die uitreikgroep van 13 (bestaande uit 5 volwassenes, 4 dogters en 4 seuns) het op Menseregtedag die voertuie en sleepwaens gepak en het om 05:00 op 22 Maart 2013 na die Richtersveld vertrek.

Oppad gaan hulle DV by Augrabieswatervalle oorslaap. Dan gaan hulle vir ‘n paar dae die Namakwa 4×4-roete volg en daarna vanaf Alexanderbaai as basis die gemeenskappe bedien en die Jesus-film vertoon.

Voordat hulle terugkeer, slaap hulle eers oor in die Richtersveldpark.

Dankie dat jy tot 6 Apr 2013 saam met ons bid vir hulle uitreikwerk en veiligheid.

DSCN0934

DSCN0923

DSCN0919

DSCN0915