Richtersveld Namakwa
Beste Uitreikondersteuner

Die eerste uitreik vir 2013 word beplan DV vir die komende skoolvakansie na die pragtige Richtersveld. Hierdie is ‘n unieke geleentheid om een van die mooiste dele van ons land te sien en naby aan jou Skepper te kom. Die uitreik is gemik op gesinne, maar baba en Oupa en Ouma kan ook saamgaan. Jy hoef nie ‘n viertrekvoertuig te hê om saam te gaan nie, en die bediening is hoofsaaklik in Afrikaans!

Ons plaas binnekort ‘n inligtingstuk. Deel dit gerus met jou vriende of familie wat dalk nog altyd die Noord-Kaap wou sien, maar nie kans gesien het om alleen daarheen te reis nie. Dankie ook by voorbaat vir jou gebedsondersteuning dat die Here die regte mense sal aanraak om saam te kom, vir die mense van die Richtersveld vir ontvanklike harte en veral dat alles binne die Here se Wil sal geskied.

Uitreikgroete
mac & amanda